Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Besig om sy plattelandse atmosfeer te verloor. Dit is wel nie noodwendig nadelig nie en behoort 'n jonger geslag toeriste/families goed te pas."
"Lekker strand. Die hoofstrand was moeilik bereikbaar agv die huidige bouwerk, maar dit gaan baie lekker en mooi wees wanneer dit klaar is."
"Hartenbos gee n lekker onstpanningsgevoel sodra jy die plekkie binne ry. Ek vertrou dat die nuwe speelparke wat gebou word nie te duur sal wees nie. Ek sal baie beslis weer by Suidersee 'n bespreking maak! Thumbs up for Suidersee! You guys rock!"
"Hartenbos is seker een van die lekkerste plekke om vakansie te hou met kinders. Al is die weer sleg is daar nog so baie om hulle mee besig te hou. Daar is regtig nie tyd vir verveeld by die huis sit nie."
"Ek sal baie baie graag die eienaar/s van hartenbos slaghuis wil geluk wens met die wonderlikste, heerlikste vleis wat ons daar gekoop het. Die hele slaghuis is so uiteengesit en toegerus om enige dagkamper of vakansiegangers wat wil braai so gemaklik te maak, want daar is van tuisgemaakte slaaie tot die heerlikste vleissoorte om van die kies. Daar is hout, steenkool, tange, houtaanstekers, roosters en nog wat. Die mense wat jou bedien is van die boonste gehalte en reg met goeie raad en hulp en die vriendelikheid straal uit hulle uit. Hartenbos slaghuis, julle is bobaas en ek wens dat julle aflewerings in Uitenhage gedoen het, want daai poniesterte van julle is iets uit hierdie wêreld. Weereens baie dankie. Julle sien ons gou weer. "
"Fantastiese vakansieplek, onthou net om jou jas saam te vat, kan skielik net koel raak daar."
"Sal baie graag terugkom sodra die warm swembad en slides klaar is, dink gaan baie nice wees en dan is suidersee se verbkyf ideaal vir kinders om net oor die pad te stap."
"Hartenbos is 'n aangename dorp vir paasnaweek. Nie te besig nie. Dink egter Desember kan moontlik onaangenaam besig raak. Als is daar wat jy nodig het in die dorp."