Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Heerlike vakansiebestemming alhoewel dit baie duur is en oor Desember-vakansies amper te besig."
"Lieflike plek! Lieflike mense. Ons hoor altyd rillerstories hoe duur kruideniersware by die see is, maar het dit glad nie so ervaar nie. Die kruidenierswinkel was met baie dag tot dag aankope goedkoper as wat ons in Pretoria betaal. En die lekkerste was dat ons ons taal kon praat in Hartenbos!"
"Een van die lekkerste gesinsvakansie bestemmings in Suid-Afrika. Laat my altyd aan my jonger dae dink en daar is iets vir almal."
"Ons kan nie glo bykans al die winkels/restaurante ens. in die ATKV se nuwe ontwikkeling in Hartenbos is feitlik 100% Engels nie! Wat 'n belediging vir die oorwegend Afrikaanse inwoners en derduisende Afrikaanse besoekers! Ons kom nie weer nie!"
"Met die nuwe ontwikkeling, wil dit voorkom of daar nie werklik 'n einde in sig is nie. Daar is nog baie werk wat gedoen moet word en wat 'n jammerte dat daar reeds onderhoud gedoen word aan struktuur wat nie eers 'n jaar oud is nie."
"Miskien beter pad tekens. baie mense het hul doodgesoek na die warm swembad. As jy nie die dorp ken nie, sukkel jy nogal, en moet ander mense vra."
"Ons geniet dit om in Hartenbos vakansie te hou aangesien ons lekker kan stap sonder om oor ons veiligheid bekommerd te wees. Die walvisse was net min vanjaar, maar dis nie Hartenbos se skuld nie."
"As oud Mosselbaaier, sal Hartenbos my altyd na aan die hart bly. Baie sentraal, jy kan lekker dag uitstappies na naburige dorpe hê."
"Buite seisoen baie stil. Daar gaan nie veel aan nie. In seisoen is dit baie besig, met duisende mense, maar ons hou daarvan so, want ons wil ook deel van die baie wees. Baie konserwatief, spreektaal is Afrikaans."
"Altyd lekker om in Hartenbos en die omgewing te wees. Vriendelike mense en lekker eetplekke!"
"Beautiful and comfortable with all amenities nearby and definitely a must to go to."