Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 397 resensies.
"Ons gaan al vir die afgelope 9 jaar Hartenbos toe in die Junie/Julie skool vakansie. Dis 'n baie lekker vakansie plek. Dis net jammer dat die atmosfeer nou bietjie verander het vandat die mall daar is en die pretpark verander het. Daar is nie nou meer veel vermaak vir die kinders nie."
"Te min tyd gehad om bietjie rond te beweeg. Dit lyk egter na 'n lekker plekkie om vir 'n paar dae oor te bly. Sal oorweeg om langer te bly volgende keer."
"Het die res van my verblyf in De Branders geniet. Hartenbos bly die beste vakansie plek mits jy die regte verblyf kry. Die opgradering van Hartenbos is uitstekend. "
"Hartenbos is 'n wonderlike plek met ongelooflik baie dinge om te doen en te sien en baie gerieflik met al die nodige plekke en fasiliteite beskikbaar en dit dan ook loopafstand. Ek sal vir seker weer en weer teruggaan soontoe."
"Ons het vir baie jare Hartenbos besoek toe ons kinders nog in die laerskool was. Die veranderings wat sedertdien aangebring is, is uitstekend. Sover ons kon vasstel was dit steeds veilig, 'n aspek wat deesdae 'n vereiste vir vakansiegangers is."
"Hartenbos is regtig aan te beveel vir vakansie, veral as die swaeltjies ook daar is Januarie, Februarie en Maart dan sien ons weer ons ou vriende en kuier 'n hond uit 'n bos."
"Fantastiese vakansieplek met lekker weer en min wind. Alles is lekker naby en daar is genoeg te doen om kinders besig te hou."
"Dit is al vir meer as 25 jaar my eerste keuse van vakansie en nog altyd bekostigbaar en vriendelike ervaring deur die jare."
"Kuier baie in Mosselbaai omgewing, dit was ons eerste keer in Hartenbos. Aangenaam verras!"
"Ons hou al vir jare vakansie in Hartenbos en sal vir seker aanbeveel."
"Baie mooi omgewing. Ons dink alweer aan ons volgende besoek daar. Sal baie graag weer wil gaan as dit enigsins moontlik is. "