Geverifieerde Resensie
Hermanus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hermanus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1189 resensies.
"Geniet die natuurskoon, rustigheid in Hermanus, asook al die winkels met kuns, boeke en dekor. Heelwat goeie eetplekke en koffiewinkels."
"Groot dorp met alles wat jy sal nodig het op jou drumpel. Pragtige, skoon dorp met aangename mense."
"Dit is 'n pragtige deel van ons land, dit is 'n baie skoon area en baie om te doen in die hele Overstrand."
"I enjoy Hermanus and always book in that area. Very tranquil and has all the necessities."
"Hermanus is n lieflike dorp. Die weer was fantasties en die inwoners is almal baie vriendelik. Die strande is mooi skoon en die water was heerlik."
"Hermanus het verskriklik baie om te doen, vir oud en jonk. Met die mooiste wandelroetes. Beslis die moeite word om te besoek."
"Baie lekker vakansiebestemming met soveel dinge om te doen. Pret vir die hele gesin en alle tipe smaak"
"Mooi netjiese dorp. Gaan vroeg strand toe, want die wind waai die meestal in die namiddag."
"Ons gunsteling seevakansiedorp! Sal enige dag in Hermanus spandeer. Dit is een van die mooiste kusdorpe in ons land en het soveel om te sien en doen vir oud en jonk."
"Bly my gunstelingdorp in SA. Ek voel sltyd tuis in hierdie asemrowende kusdorp."
"Ons het Onrusstrand baie geniet, idiaal vir klein kindertjies."