Verified Reviews
Highlands Meander
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Highlands Meander
Rated 4.5 out of 5 based on 995 reviews.
"Dullstroom is 'n lekker kuierplek vir plaaslike en oorsese toeriste."
Waterval Boven, Highlands Meander
Ease@Epa Valley Farm Stay"Die dorp bied nie veel vir die toeris nie, maar om bietjie rond te ry maak die omgewing op daarvoor. "
"Ons het te min rondgeloop en die plek verken om ordentlike terugvoer te gee. Enigste rede hoekom ons oorgeslaap het, was om die Parkrun te gaan doen."
Waterval-Onder, Highlands Meander
Wayside Lodge"Pragtige natuurskoon, veilig en naby vele interessante besienswaardighede. "
"In Dullstroom vind jy jouself. Die rustigheid en die mense wat daar bly laat jou altyd welkom voel. Sal definitief weer teruggaan, sonder om twee keer te dink. Dullstroom is definitief 'n vakansie-, sielvinding-bestemming."
Waterval Boven, Highlands Meander
Luilekker Guest House"Redelik sentraal, ons het die Krugerwildtuin, Hazyview Zipline en Dullstroom se Dunkeld country and equestrian estate en Nelspruit besoek."
"Die dorpie het heelwat eet- en kuierplekke en ons het net paar besoek, as jy net wil rustig wees en ontspan, spandeer paar dae daar, dit sal weer jou batterye laai en verfris laat voel. Ons was nogal verbaas om die billike pryse by al die eetplekke te sien, al was ons naby aan Kersfees en gedurende die vakansietyd daar, ons is baie dankbaar daaroor."
"Vir 'n baie klein plekkie, bied Dullstroom ongelooflik baie aan die besoeker met 'n groot verskeidenheid vir almal om te geniet en te ontspan."
"Dis 'n tipiese klein plattelandse dorpie. Hier is baie eetplekke en die Birds of Prey sanctuary is 'n moet."
"Wees versigtig om nie vas te val in die hoofstraat-manie nie. Daar's wonderlike restaurante en oulike dinge om te aanskou net af van die hoofstraat af. "
Waterval-Onder, Highlands Meander
Wayside Lodge"Daar is nie veel vir toeriste nie. Dis die ideale plek vir sommer net wegbreek en natuurlik genoeg ruimte vir byeenkomste. Die omgewing is pragtig en baie rustig. Mense wat wil besig wees gaan dit nie geniet nie. Dis 'n plek vir ontspanning en net mens wees."
"Ons moes vroeër die jaar ons wegbreek kanselleer omdat Dullstroom nie water gehad het nie en was baie gelukkig om tog nog in die jaar Dullstroom te kon besoek. Dis 'n baie klein dorpie met goeie kunsgalerye vir dié wat van kuns hou. Daar is nie te veel attraksies nie en dis baie spesifiek soos bv. of kuns of hengel. Ons wou wel die Parkrun gaan doen het by Dullstroom se dam. Let wel die pad na die dam is nogal sleg, kort afstand, maar gewone karre kry maar seer. Dullstroom se restaurante is nogal lekker. So 'n kuier in Dullstroom is beslis 'n eet en kuier naweek. Mayfly het baie lekker burgers en pizzas en is glad nie sleg geprys nie. Dit was eintlik meer billik as die gemiddelde restaurante in Pretoria. Ons het ook by Pickles and Things gaan eet, maar hier is die pryse so bietjie hoër. Die lamspastei was besonders, maar mens betaal wel so bietjie meer om hier te eet. Die restaurant het wel nogal 'n lekker gevoel in die aande. Die dorpie raak maar verlate en stil in die aande en is wel lekker bedrywig deur die dag. "
"Dullstroom is a very interesting little town. You definitely realise right away that you aren't in the big city anymore. People are very friendly, there is a wide variety of little shops to browse, plenty of restaurants, and loads of outdoor activities like visiting the Birds of Prey Rehabilitation Center or going for a hike. "