Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1907 reviews.
"Vir die tyd wat ek daar besoek gedoen het was Augrabies in vloed, 'n groot hoogtepunt. Besoek ook die park met al sy uitkykplekke, Moonrock is ook 'n moet. Ander tipe wêreld met eie identiteit."
"Dit is heerlik om in die oestyd in Keimoes die rosyne te sien en die mense se gasvryheid te beleef."
"Die Augrabiese watervalle was in vloed en werklik 'n belewenis om te sien."
"Baie mooi skoon dorp. Baie doendinge. Google vooraf. Onthou van Kanoneiland, Augrabies watervalle en die wynkelders. Pragtig. Geen woorde vir ons fantastiese ondervinding nie."
"OWK (Oranjerivier Wyn Kelder) proelokaak en restaurant in Upington moet beslis besoek word."
"Die watervalle self is 'n belewenis en wonderlik om van naderby te aanskou. Augrabies self bied nie veel aan nie, maar dis my persoonlike opinie, want ek het dit nog nie verken nie. "
"Daar is nie veel om te doen hier nie, en die stadsraad maak die dorp nie skoon nie. Baie swak!"
"Keimoes is 'n pragtige plek met die Oranjerivier en al die boerdery-bedrywighede wat daar plaasvind. "
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."