Geverifieerde Resensie
Kalahari
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1907 resensies.
"We spent 6 nights in the park. Next time we will stay longer. All camps were excellent, but we will aim for chalets where possible next time. Otherwise, camping is the way to go."
"Ligging is baie lekker naby die Augrabiesvalle. Ons gesin kon vroegoggend die valle besoek."
"Daar is baie om te sien en doen in Upington. Dan stop dit nie net daar nie. Binne 100 km is daar nog meer, soek gerus op. Vir ons, van Red Ox, Sakkie se Arkie, Oranje Rivier Kelders, Bezalel, Keimoes, Ikaya, BI-LO, koffie winkels …. baie plekke om te besoek. Onthou sonroom en 'n hoed."
"Kuruman is tans nie in 'n goeie toestand nie, al is dit so 'n belangrike historiese dorp."
"Alhoewel ons nie toeriste was nie sal ek Upington aanbeveel vir enige toeris. Mooi dorp en baie aktiwiteite vir 'n toeris."
"Die Kalahari en sy mense was oor die algemeen fantasties en dit het Lake Grappa ingesluit."
"Undertones of racial tension and divide can still be felt in certain parts of Kakamas."
"Was as kind laas daar en nou met die uitkykpunte kan mense baie nader en oor die rand van die rotse kyk. Alhoewel die rivier laag was, was dit nog steeds pragtig om te sien. Die park het ook nog goed versorg en netjies gelyk."
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Ons het Upington ongelooflik geniet! Ons het by die Red Ox geëet, wat 'n ongelooflike restaurant is! Ek kan River Manor en die Red Ox met groot vrymoedigheid aanbeveel. Dit is vyfster gehalte."
"Die skoonheid en die natuur van die Kalahari is ’n belewenis soos min. Baie om te sien en te ervaar in die omgewing. Die platteland is merkwaardig. Maak tyd en ervaar die mense en die dinge wat hulle doen en te koop aanbied saam met hulle gasvryheid. Ons gaan weer kom kuier."
"Die mense is vriendelik in Upington en selfs vreemdes groet vriendelik. Almal praat in my moedertaal. Mense is ook baie hulpvaardig."