Verified Reviews
Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 1909 reviews.
"Indien enige persoon rustigheid en wegbreek van gejaag in die stad verlang, is daar geen beter plek as in die Kalahari."
"Ons het eintlik net vir die watervalle gekom, maar sommer die pienk padstal ook ontdek, asook die kokerbome van nader leer ken. Augrabies se mense is vriendelik en behulpsaam."
"Nie so onveilig soos almal vertel nie. Daar is tot 'n "mall" vir ons vrouens."
"Ek was verstom oor die goeie restaurante wat 'n mens hier kry. Petrol kan 'n probleem wees - kan wel petrol by die Augrabiese Nasionale Park kry."
"Desembermaand is dalk net te warm, maar Rooipan en sy vriendelike mense bly 'n ware paradys in die pragtige Kalahari."
"Kalahari is absoluut 'n bestemming vir almal en die diens, kamers en die uitsig is regtig 'n belewenis en vir elkeen 'n moet om te beleef! Ons sal dit definitief weer besoek!"
"Sou dalk verkies het om ons bespreking vir 'n ander tyd te maak as ons bewus was dat die valle baie lae vloei op daardie stadium getoon het."
"Augrabies is wonderlik en ek kan Augrabies Falls Hotel aanbeveel, vriendelike personeel en heerlike kos - hulle het nie ons situasie uitgebuit nie en het ons vriendelik bygestaan!"
"Bemarking van ontspanningsaktiwiteite, indien beskikbaar in onmiddellike omgewing, of voorsiening daarvan sal Augrabies 'n beter toerismebestemmingvir gesinne maak aangesien die waterval beperkte besienswaardigheidswaarde of ontspanningswaarde het en besoekers dus nie genoeg redes gee om langer as 1 of 2 nagte oor te bly nie. "
"Kamamas was waarlik 'n verrassing vir ons gewees. Ongelukkig was van die kelders toe gewees, maar steeds is daar heelwat te doen en te sien. Augrabiese watervalle is 'n moet, en die personeel van Die Mas van Kakamas Kelders het ons op die hande gedra!"
"Vir my is Keimoes 'n rustige bestemming en die middelpunt van verskeie besoeke in alle rigtings."