Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"As jy op reis is en ontbyt wil eet of biltong wil koop moet jy hier stop. Nie noodwendig iets by Strydenburg of Hopetown nie."
"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."
"Een van daardie plekke wat elke keer wat ek daar is, al hoe dieper onder jou vel inkruip."
"Die OK-minimark is fantasties - skoon en rakke vol vars produkte. Personeel vriendelik en behulpsaam. Die Plattelander Restaurant kan verseker aanbeveel word vir heerlike etes en warm atmosfeer. Die dorp is skoon en sommer pragtig."
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners. Mens moet ten minste twee dae daar oorbly om die dorp regtig te waardeer. Die dorp het baie oulike blyplekke vir elke smaak!"
"Ek en my vrou het die aand by die restaurant: "Die Krip" gaan eet. Ek was teleurgesteld om in die middel van die Karoo 'n skaapnekvleisdis te bestel en nie die Karooskaap te kon proe nie. My vrou se T-been steak was heerlik sag en presies gaargemaak soos sy dit wou hê."
"Wou twee nagte bly maar moes besoek kortknip. Min mense op De Rust weet van Toorwaterpoort."
"Colesberg het nogal karakter en bestaan nie slegs uit 'n "one stop" langs die hoofweg nie, ry in, gaan kyk, eet by Die plattelander en gesels met die mense op die dorp."
"Beslis 'n besoek werd. Gaan kyk na die Uilhuis, drink 'n bier by die Sneeuberg brouery."
"Prins Albert is 'n juweel in die Karoo. Die dorp is skoon, die mense vriendelik en behulpsaam. Een van die pluspunte vir ons was die feit dat die winkels in die hoofstraat aansluit by die boustyl van die dorp, geen helder geverfde geboue om winkelname te adverteer nie!"
"Die paaie rondom Colesberg sal seker binnekort klaar wees en die hoofstraat het in my opinie heeltemal te veel informele besighede in...dit doen vir my afbreek aan die mooi dorpie wat dit eens op 'n tyd was!"
"Baie oulike dorp. Die Vallei van Verlatenheid is beslis die moeite werd om te gaan kyk."
"Baie mooi foto's geneem en alhoewel ons geen toere of bootreise gedoen het nie, is dit 'n pragtige dam al is hy bietjie leeg. En ons gaan nie dat een slegte ondervinding van die dorpie ons afsit om weer hier verby te kom nie."
"Die dorp gaan maar dieselfde pad as die meeste klein plattelandse dorpies."
"'n Netjiese Karoo-dorp met baie besienswaardighede en baie mooi omgewing."
"Ideaal vir halfpad-stop, met 'n redelike mate van interessanthede en natuurskoon."