Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11594 resensies.
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."
"Moet asseblief nie by Beaufort-Wes se KFC enige kos koop nie. My vrou het voedselvergiftiging opgedoen."
"Baie ongekunsteld en platvloers. Ons ete by Bush Pub was heerlik en heel goedkoop. Die Swartbergpas is iets wat mens moet beleef. Ek het al drie keer besoek, in albei rigtings, maar ek sal dit graag weer doen."
"Gariepdam is 'n ideale halfpad-oornagplek wanneer jy vanaf Gauteng na die kus reis. Ek het al by 'n hele paar plekke oornag en die meeste is heel geskik om die basiese aan te bied. Ek het egter nog nie die ideale plek waarheen ek elke keer wil teruggaan, ontdek nie (behalwe miskien Forever-oord). Aangesien tariewe meestal per persoon is, raak dit redelik duur indien die groep meer as 2 persone is."
"Maak gerus by Nonstop Fitment Centre 'n halweg-stop vir jou motor se meganiese checkup. Victor is die eienaar en gaan uit sy pad om jou te help. My slaapwa se wielbearings het verloor en hy het sy sleepwa s'n afgehaal om my te help. Baie dankie daarvoor."
"Het 'n "liefde" vir Prins Albert ontwikkel. Sal weer gaan kuier. Was net te laat vir die kerkbasaar."
"Mense is baie vriendelik. Geen bedelaars wat ons gepla het nie. Dorpie is baie skoon en rustige area."
"Was 'n vriendelike en aangename dorpie. Sal beslis weer gaan draai daar. Ons het goeie herinneringe van Hopetown saam huistoe gebring. "
"Pragtige dorp met die oulikste huisies. Ons het aandete in die Karoo Kombuis genuttig. Baie lekker kos en atmosfeer gewees. Ontbyt by die Swartberg Hotel was baie lekker. As jy 'n wegbreek kort is Prins Albert die plek vir jou."