Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1904 resensies.
"Lieflike dorp, baie besoekpunte en pragtige, ou geboue. Goed onderhou, skoon en netjies."
"Die dorpie self het bietjie te oorontwikkel en sy rustige Karoo-stilte verloor."
"Lieflike Karoo-dorpie met goeie mense en interessante plekkies om te besoek."
"Meringspoort is 'n belewenis met sy konstruksie en fasiliteite vir besoekers en veral die padgebruikers. Baie goed gedoen, Wes-Kaap Regering Paaie-afdeling."
"Pragtige dorpie wat ek al baie dekades lank ken van deurry, maar verlede jaar vir die eerste keer oornag het. Hartlike mense en pragtige natuurskoon."
"Ons het spesifiek vir die KKNK gaan kuier in Oudtshoorn. Daar is wel 'n paar plekke wat besienswaardig is, maar behoort nie meer as 2 dae te neem om meeste daarvan te sien nie. Ek sal wel Oudtshoorn aanbeveel vir wegbreeknaweke wanneer mens se siel net moet rus. Die mense is baie vriendelik en verwelkomend. Rou Karoo restaurant en Ostrich emporium het ons baie geniet. Sien uit na volgende jaar se fees."
"Kangogrotte is 'n moet. Billik geprys. Volstruisplaas wat aanbeveel was, is nie die geld werd nie."
"Pragtige dorpie, net jammer oor die verval in die dorp. Slaggate en geen straatligte maak die baie moeilik om in die aande in Oudshoorn te ry."
"Die KKNK het heelwat van sy glorie verloor. Ek mis die feesatmosfeer van ouds. Miskien sal dit weer herstel van wat ek glo 'n COVID babelaas is."