Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1904 reviews.
"Die munisipaliteit behoort beter ondersteunend tot 'n puik fees te wees. Die KKNK was puik."
"Ons het die KKNK baie geniet. Was net teleurgesteld in hoeveel sitplekke beskikbaar was by toneelstukke. Het op kort kennisgewing besluit om 'n vertoning te gaan kyk, maar Webtickets het gewys die kaartjies is uit. Dankbaar ons het tog gaan probeer, maar was verbaas om te sien ongeveer 1/3 van die sitplekke is leeg. Ons kom vir seker weer. Die Oudshoorn mense is so oop, warm, hulpvaardig en vriendelik."
"KKNK was heerlik en die dorpie is pragtig met heerlike restaurante."
"KKNK is 'n lekker bestemming vir die kunste en al die kuierplekke soos volstuisplase, wynmakers en Kangogrotte is maklik daarvan bereikbaar."
"Baie te doen en te sien in Oudshoorn. Nog meer tydens die kunstefees. Interessante bestemming."
"Net oorgeslaap, maar al vantevore daar vakansie gehou. Pragtige dorp met vriendelike, hulpvaardige mense. Baie interessante winkels om in rond te loop."
"Oudtshoorn is well worth a visit with a number of attractions in and around the town."
"Oudshoorn het so baie besienswaardighede wat jy kan besoek. Ons naweek was te kort. Ek dink 'n week of twee is genoeg. My kleinkind het hom so geniet."
"Baie om te doen in die omgewing. Dit kan 'n bestemming op sy eie wees."
"Oudshoorn is 'n must-see dorp, regtig ek sal dit aan enigeen aanbeveel, dit was goed om alles te explore."
"Pragtige dorpie! Soveel om te sien en doen en het 'n regte Karoodorpie-atmosfeer."
"Baie oulike klien dorpie met kunswinkels en restaurante met karakter."
"Baie lekker plek om heen te gaan, ongelukkig is daar ook net soveel wat mens in Oudtshoorn kan doen."
"Ons was buite seisoen daar, maar het nogtans die toeristegeriewe geniet. Oorgenoeg om te sien en te doen!"
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense. Baie mooi verblyfplekke en genoeg eet- en kuierplekkies. Interessante winkeltjies om oulike snuisterye by uit te snuffel. Mikro Sentra het ook alle kruideniersware wat mens ook al mag nodig het. De Rust is baie sentraal geleë vanwaar mens in elke rigting baie plekke kan besoek."