Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1904 reviews.
"Oudshoorn het so baie besienswaardighede wat jy kan besoek. Ons naweek was te kort. Ek dink 'n week of twee is genoeg. My kleinkind het hom so geniet."
"Baie om te doen in die omgewing. Dit kan 'n bestemming op sy eie wees."
"Oudshoorn is 'n must-see dorp, regtig ek sal dit aan enigeen aanbeveel, dit was goed om alles te explore."
"Pragtige dorpie! Soveel om te sien en doen en het 'n regte Karoodorpie-atmosfeer."
"Baie oulike klien dorpie met kunswinkels en restaurante met karakter."
"Baie lekker plek om heen te gaan, ongelukkig is daar ook net soveel wat mens in Oudtshoorn kan doen."
"Ons was buite seisoen daar, maar het nogtans die toeristegeriewe geniet. Oorgenoeg om te sien en te doen!"
"Pragtige dorpie. Vriendelike mense. Baie mooi verblyfplekke en genoeg eet- en kuierplekkies. Interessante winkeltjies om oulike snuisterye by uit te snuffel. Mikro Sentra het ook alle kruideniersware wat mens ook al mag nodig het. De Rust is baie sentraal geleë vanwaar mens in elke rigting baie plekke kan besoek."
"Safe, excellent restaurants, many local activities and places to visit. Also recommend an historical bike tour of the town with Flying Feet."
"Oudtshoorn bied veel meer prag en interessanthede as wat ons gedink het."
"Baie mooi en netjies, as daar 'n kafee kan oop wees op 'n Sondagmiddag kan dit beter wees."
"Very friendly little town with a few interesting places to see and enjoy."
"Ontspanne en stil atmosfeer. Besonders skoon en word mooi instandgehou."