Verified Reviews
Klein Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Klein Karoo
Rated 4.6 out of 5 based on 1904 reviews.
"Pragtige natuurskoon en vriendelike mense. "
"'n Fantastiese vriendelike dorp, warm vriendelike mense, baie interessante toere en besienswaardighede en netjies. Beslis 'n dorp om op 'n toerkalender in te pas."
"De Rust is 'n baie oulike dorpie en beslis 'n goeie naweekplek om te gaan kuier. "
"Die stadsbestuur sal moet begin om die strate en ander fasiliteite soos die burgersentrum op te gradeer."
"Dis 'n rustige bestemming, genoeg om te doen en te geniet in die omgewing. Lekker wynplase naby geleë."
"Ons kuier al baie baie jare in die Klein-Karoo en maak gebruik van verskillende verblyf plekke - al het ons familie op De Rust. Ons is malverlief op die Karoo. Daardie reuk van die bossies, die aalwyne, die Klapperbosse en oom Sweepies se lekker soetes vir die koue."
"'n Skoon en netjiese dorpie waar jy beslis moet oorbly as jy op pad is deur die Kaap."
"There are quite a few farm stalls and restaurants to visit in the area, selling everything from wine to dried fruit, which includes the factory shops of Montagu and Cape Dry."
"Daar's baie om te doen vir kinders en lekker restaurante. Mooi natuurskoon. Vriendelike mense."
"Ons het die lieflike kortpad na De Rust gery. Oulike dorpie om deur te snuffel."
"Ons het al verskeie male in die omgewing gebly - en is mal daaroor om die Swartbergpas te ry - dit is net 'n ongelooflike belewenis om daardeur te ry. Natuurskoon soos min! "
"Beste plekkie om ietsie te eet is by The Village Trading Post. Vriendelike diens en lekker kos."
"Montagu is 'n pragtige dorp met die beste restaurante en vriendelike mense!"