Geverifieerde Resensie
Klein Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klein Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1904 resensies.
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Lovely clean town, superb gift shops, must see the Kango caves and the ostrich farms."
"Skoonste dorp, selfs op 26 Desember was daar skoonmakers in die strate. Die dorp lyk vooruitstrewend. Daar is geen bouvallige en leegstaande besighede. Hoewel daar ernstige water tekort is, was al die publieke tuine pragtig versorg. Dienslewering duidelik nie 'n probleem in Oudthoorn."
"Die mense is baie vriendelik en dis baie warm daar. Koue biere loop vinnig."
"Tourists have many activities in Oudthoorn to enjoy and well worth a visit."
"Altyd lekker om in Oudtshoorn vakansie te hou. Ontdek elke keer iets nuut."
"Hoewel daar baie te sien is, is dit nie iets wat mens elke jaar wil doen nie. Alle besienswaardighede kan in een vakansie besoek word, hoewel lekker en mooi, sal ek dit nie elke jaar wil doen nie en hitte is uitmergelend, hoewel see net 'n uur se ry is, maar dan ook baie besig met hul eie vakansiegangers. Oor die algemeen vir 'n eerste besoek, wel die moeite werd."
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"As jy soek, beplan en moeite doen, is daar elke dag, vir 10 dae, iets anders om te doen. Ons het."
"It has a lovely village feel about it. All the shop owners are super friendly and you can literally get everything you need in terms of supplies. Over holiday periods fresh fruit and veg sell out quickly. Coffee shops are excellent with free wireless and can definitely recommend Ray's. There are 2 petrol stations, wine shops, 2 little supermarkets, gift shops, great hairdresser up one of the side roads etc. and its just a couple of minutes drive from the farm."
"Eerste keer wat ek Oudtshoorn besoek en was baie lekker. Sal dit beslis aanbeveel."
"Ek was baie lanklaas op Oudtshoorn en het eintlik vergeet wat 'n fantastiese bestemming dit is. Daar is so baie om te doen! Ons kon beslis langer gebly het en dink reeds aan wanneer ons weer die kinders soontoe kan neem."
"Great laid back town. Very friendly locals and great attractions in the town."
"Pragtige dorpie. Kon nie glo hoe mooi die ou huisies in stand gehou word. Skoon en veilig om te stap in die aande. Omring deur berge en mooiste natuur. Lekkerste skaaptjops by Misty Tin!"
"Ek sal enige een aanraai om Oudtshoorn te besoek. Daar is so baie om te sien en doen. Dis 'n pragtige plek! "
"Montagu se Suid-Afrikaanse Polisie diens is puik. 100 sterre vir hulle."