Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Kruger National Park South

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger National Park South bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2059 resensies.

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Korhaan Self-Catering Cottage

"Marloth bly nou maar net ’n diamant van ’n bestemming. Dit verskaf rus vir die siel en soveel meer."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Doringpoort Luxury Holiday Home

"Marloth park is minute van die Kruger Wildtuin se Krokodilbrug hek af, net met goedkoper en gemakliker verblyf en meer om te doen wanneer die kinders moeg raak vir wildsritte. Marloth is stil en vreedsaam en pure bos - jy mag heel moontlik kameelperde, zebras, blouwildebeeste, rooibokke, muishonde en koedoes raakloop as jy bietjie gaan stap, of sommer op jou stoep as daar 'n voertrof of water naby is. Gaan slaap met die gebrul van leeus in die agtergrond en word wakker met die geroep van die visarend."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Phumangeni Marloth Park

"Baie skoon en netjies. Heerlik in die bos met al die geriewe."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Hyenas Call

"Don't buy braai wood at the gates to Marlothpark as it's usually wet! Buy from the winkel."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Martys Place

"Marloth Park is baie besig rondom Olifantstraat. Ons verkies om nie meer naby Olifantstraat te bly nie, want die gewoel is net te veel. Die bos-ervaring is reeds daarmee heen. Ons hoop dat die res nog behoue sal bly soos die verblyf nader aan die rivier beweeg."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Marloth Getaway

"'n Dorpie wat besig is om geweldig uit te brei. Die besigheidsmense moet dit nie agterwee laat nie, so moenie die mense wat gereeld daar kom, elke keer verras met stygende pryse nie. Daar is dié wat vergeet mense stop op Malelane of elders om inkopies te doen. Mense koop as hulle regtig vasbrand daar. Die paaie is skokkend vanaf twee maande gelede, onrybaar met 'n motor behalwe 'n 4x4, niks is sedertdien gedoen om dit rybaar te maak nie wat mense twee keer laat dink om weer te kom. Tariewe vir vakansiehuise het belaglik duur geword en sommige eienaars vra tariewe per persoon as jy die hele huis huur wat 6 mense kan slaap met beperkte geriewe. "

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Big Tuskers Bush Camp

"Die grondpaaie is regtig baie sleg so as jy nie 'n bakkie het nie kan jy nie na die rivier se kant toe ry om die diere te kyk nie."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudus Crest Bush Retreat

"Loved the restaurant right on the Crocodile River. What a view. Marloth has everything you need, even a lovely bakery."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Marloth Wild Fig

"Die enigste bekommernis was die hoeveelheid vreemdelinge wat deur die park loop, wat hulle voordoen as kontrakteurs en werkers. Veiligheid in die opsig was wel 'n bekommernis gewees."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Maningwe

"Marlothpark, is 'n pragplek. Geniet die stil natuurskoonlewe daar."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Klein Paradys

"For first timers to Marloth Park, like ourselves, the sand and rough roads should be advertised, so one is prepared."

Hazyview-Vakansiedorp, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Tatenda Guesthouse

"Naby die Krugerwildtuin en het baie lekker restaurante om van te kies."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Leeus Villa & Cottage

"Really nice place to holiday. Just a pity of all the rubbish next to the main road and in the Bush."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

La Kruger Lifestyle Lodge

"Awesome place for a safari and much more adventurous fun."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

4230 Impala

"The sand roads are definitely not made for normal cars."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

951 Geelvis

"Marloth is a lekker en rustige plek om na die natuur ta gaan kyk."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Phumangeni Marloth Park

"Baie lekker plek om te bly buite die Kruger met baie diere en genoeg geriewe. Die veiligheid van die oord/dorp moet verbeter word. Daar is reëls dat mense nie tussen 18:00 en -5:00 mag rondloop nie omdat daar leeus en ander wild by die oord kan inkom, maar daar is geen manier om 100% seker te wees dat die gevaar weg is in die middel van die dag nie, en gate in die heining bevestig dat daar probleme kan wees. Leeuspruit binne Marloth was wel ’n teleurstelling - Die bome deur die hele park is te dig om wild te kan sien en mens sien meer wild in Marloth self en glo mens het beter kans om leeus ens. te sien van die Krugerwildtuin se grensheinings wat oor die Krokodilrivier kyk."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Acacia Bush Cottage

"Die pad langs die wildtuin draad is toe as gevolg van vespoelings. Baie mense gaan om langs die draad te ry, so ek sal aanbeveel dat hulle dit so gou moontlik regmaak en dalk nog so paar roetes bysit."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kruger River Villas The Loft

"Ons het al by 'n paar plekkies gebly in Marloth Park en elke liewe keer het ons dit absoluut geniet! Die natuur is net wat jou siel nodig het om bietjie te ontspan."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Ndlovu Rest

"Net dat dit 'n fantastiese plek is."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Bos-Geluk Huis

"Besig oor naweke, maar midweek is uitstekend."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

Kudu's Rus

"Geniet dit altyd in Marlothpark. Mal oor die diere wat by mens kom kuier en altyd lekker om langs die rivier te ry - daar is altyd iets om te sien. Die Krugerwildtuin is baie naby en maklik om dagbesoeke in te werk."

Marlothpark, Nasionale Krugerwildtuin Suid

4230 Impala

"Living in Marloth Park for the past 10 days was a lifetime experience. I joined all the social media apps where the residents share their sightings. This place is like one huge family whose main goal is to absorb and appreciate the wildlife. The shopping center (which I visited on numerous occasions) had everything you would need. They also sell the animal feed there. Marloth Park residents are incredibly friendly and go out of their way to ensure that you are happy and enjoying the life that they are lucky enough to experience on a daily basis."

Blad
Blad 35 - Wys 1021 tot 1050

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang