Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 1001 reviews.
"Ons hou van die weskus en sal sover moontlik altyd 'n draai daar gaan maak. Die paaie is in n goeie toestand en rustig om te ry. Afhangende van die seisoen as jy daar besoek aflê is daar altyd 'n verrassing om die draai. Die Weskus groei op 'n mens."
"We went out of season, not the destinations' fault by any means, so a lot was closed and quiet. It was lovely in a way, not loads of tourists everywhere, but also meant our choices of things to do in the area and restaurants to eat at were limited."
"Baie vriendelike mense. Ek het selfs 'n video gemaak van die plek en op sosiale media geplaas."
"Wat betref "toeristebestemming" is daar nie veel om te besoek nie! Maar as jy Lambertsbaai toe gaan, is dit om te rus en af te skakel - die perfekte omgewing, heerlikse stap roetes langs die see, een of twee lekker restaurante. Paar oulike dorpies binne klein radius om te besoek."
"Isabellas in die hawe het die beste seekos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. OK Foods was baie indrukwekkend. Skoon en ietsie van alles. Die locals is almal vriendelik en het ons baie welkom laat voel."
"Moet sê Lambertsbaai was in die middel van 'n plaaslike verkiesing so dit was nie baie aangenaam nie."
"Lambertsbaai het erg agteruit gegaan. Van die geboue is baie verwaarloos. Ons het gereeld besoeke afgelê, maar sal eerder verby ry."
"As dit nie vir die Muisbosskerm was nie, sal ek dit glad nie aabeveel nie. Die dorp is verwaarloos, die strate is vol slaggate. Die dorp het baie baie agteruitgegaan na ons vorige besoek & ek twyfel of ons dit ooit weer sal besoek. Plumpie vir die mense by die garage waar jy ook jou vuil klere kan laat was en weer dieselfe dag terug kry. Skoon, opgevou en gestryk."
"Sad to say, but whilst the accommodation was excellent and faultless, Lamberts Bay was the "low point" of our trip."
"Plek is baie rustig, stil, wonderlike, kalm atmosfeer. Genotvol. Wil weer kom, te lekker."
"Lambertsbaai is 'n rustige dorpie, waar jy die Voëleiland en alle mooi restaurante kan gaan besoek."
"Lambersbaai is die heel beste toerismebestemming. Ek beveel ons selfhelp plekkies aan met groot liefde."
"Lamberts baai het vir my so beïndruk dat ek gou weer sal gaan kuier. Dit is beslis die moeite werd om te gaan verken en oor te slaap. Die museum is 'n absolute moet. Die hawe-restaurant is 'n nommer een."
"Dis baie hartseer dat die Voëleiland toe is sonder enige verduideliking van Natuurbewaring. Mens vind eers hiervan uit as jy daar is. Die mense van Lambertsbaai is baie gasvry en die restaurante waar ons geëet het is tops! Jammer dat daar baie werkloses is wat bedel en karwagte by die hawe wat half aggresief raak teenoor mens as jy nie volgens hulle verwagtinge 'tip' nie."
"Baie rustig en veilig. Die mense is ook baie vriendelik en behulpsaam. Die kos by die eetplekke is puik. Geen bedelaars wat mense lastig val nie."
"Dit is 'n baie mooi dorpie langs die see, definitief 'n moet-sien plek."