Verified Reviews
Langebaan
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Langebaan
Rated 4.6 out of 5 based on 647 reviews.
"Behalwe vir die wind wat erg gewaai het kan ek nie veel sê nie behalwe dat Langebaan al amper net so groot soos Kaapstad is. Was heelwat verbaas oor al die uitbreidings."
"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."
"Die strande is baie netjies en tussen die wonings. Die sekuriteit is ook vriendelik en behulpsaam. Gaan beslis my vriende aanbeveel."
"Ek is bang dat die karakter van Langebaan ondermyn sal word deur industrieë. Dit is 'n juweel wat bewaar en beskerm moet word."
"Langebaan is regtig baie lekker vir vakansietye - so asemrowend vir uitsig en rus!"
"Ons kon alles daar koop wat ons sou nodig hê vir die naweek, en die restaurante is top class. Die kos is van baie goeie gehalte, en die diens was baie goed. Die kelnerin wat ons bedien het was baie geduldig en kon ons help met alles wat ons vra."
"Geen straatligte vir die eerste gedeelte, asook 'n swak padoppervlakte."
"Very nice town. Clean. Friendly people. A lot to do and experience. Nice break away from the busy city."
"Dit is nie so ver uit die Kaap nie so dit is maklik om vir 'n naweek te kom. Al die winkels is ook daar om te kry wat ons benodig. Langebaan as 'n geheel het 'n vriendelike gemeenskap met heelwat aktiwiteite. Om deur die natuurreservaat te kon hardloop was 'n belewenis. Mooi herinneringe van Langebaan en ons kom definitief terug!"
"'n Heerlike vakansiedorp met al die geriewe wat nodig is om die vakansie ten volle te geniet. Eetplekke is fantasties."