Geverifieerde Resensie
Langebaan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Langebaan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 647 resensies.
"'n Besoek aan SANParke se WesKus Nasionale Park is die moeite werd. Wonderlike natuurtonele en gee jou 'n goeie idee van die strandmeer."
"Langebaan is 'n great wegbreek dorp waar mens kan kop skoonmaak, vergeet van al die dinge wat jou jaag en net die mooi omgewing waardeer."
"A very popular holiday destination with lots to do and see for adults as well as children, it is centrally located within easy reach of other west coast towns."
"Ons het nie regtig Langebaan besoek nie, maar Mykonos en Paradise Beach is fantasties!"
"Wonderlike wegbreekligging. Nie buitensporig ver buite Kaapstad nie. Besienswaardige dorpe (bv. Paternoster) 'n kort rit weg. Ons kom weer!"
"Olifantskop is about 5 km from Langebaan but has easy access to similar amenities eg. Shopping mall, banks, Calypso Beach. A bonus is that the Langebaan Lagoon is a few minute's drive away."
"Puik geriewe vir 'n dorp met plattelandse atmosfeer. Konstante, jaarlikse verbetering van die dorp se infrastruktuur maak dit ook aantreklik - soos groot, nuwe sypaadjies van die middedorp af tot by die seiljagklub. Nuwe stopteken in middel van Breestraat (h/v Suffrenstraat) is baie verwarrend, want dis aan regterkant van die straat waar geen bestuurder gaan kyk om dit te sien nie. Ons (en baie ander) het eenvoudig daaroor gery en net toevallig raakgesien toe ons deur die dorp gestap het. Die veiligheidsdienste kan gerus 'n ander plek kry vir hulle openbare vergadering as die middel van Breestraat op die naweek van 16 Desember. Dit het alle verkeer na beide kante blokkeer vir 'n paar uur - baie ontwrigtend vir ons as besoekers (baie het daaroor gekla). Niemand het hulle in elk geval aan die vergadering bygewoon behalwe die personeel van die veiligheidsdienste self nie."