Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2317 resensies.
"Ek dink Bela-Bela is ideal vir iemand van die stad om weg te breek vir 'n naweek. Die weer is mooi en daar is paar lekker padstalle. Mens kan ook die bekende resort besoek as 'n dagbesoeker en slaap by 'n stil wildsplaas met voldoende wild en bos-effek. "
"Die Koffiekan was die perfekte restaurant om ons naweek mee af te sluit. Heerlike kos en baie kindervriendelik."
"Weet nie of daar baie is om te doen in Sterpark nie. Was vir 'n rugby-wedstryd daar."
"Baie mooi omgewing, baie wildsplase, wildsritte en lifelike privaat bestemmings."
"Dorp se strate kan opgegradeer word. Winkels is op standaard, inwoners is vriendelik en gasvry. Was by Hansie-week rugbytoernooi, Hoërskool Hans Strydom is 'n netjiese skool en fasiliteite is op standaard. Voorwaar 'n skool waarop 'n dorp kan trots wees."
"Pragtige bosveld en vir ons wat voëlkykers is, is dit voorwaar 'n plek om te verken. Bela-Bela het ook al die nodige winkels as jy iets tuis vergeet het."
"Dit is 'n stil en lekker dorp, en mens kry alles te koop wat jy nodig het."
"Ons het 'n heerlike middagete geniet by die Koffiekan Plaaswerf restaurant in Modimolle - beslis aan te beveel!"
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vir Altyd"Die atmosfeer by Leeupoort Vakansiedorp is een van samehorigheid."
"Dit is 'n stil woonbuurt in Polokwane en baie goed geleë om die besige plekke in die stad te besoek."
"Natuurskoon is asemrowend! Het een hele dag by Aventura Warmbad deurgebring wat 'n fantastiese ervaring was, alle geriewe was nuut opgeknap en in werkende toestand soos geadverteer."
"Modimolle het baie agteruit gegaan vandat ek 'n paar jaar terug daar was. Die strate is vuil en vol gate en die lugversogers in die mall het nie gewerk nie op 'n baie warm dag."
"Daar is net 'n paar winkels en die dorp is ongelooflik vuil. OK Grocer is die beste opsie om kos en benodigdhede te koop."
"Ligging van die gebied is 'n paar minute van die dorp, baie naby. Die gebied is maklik toeganklik. "