Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1122 resensies.
"'n Fantastiese klimaat vir batterye laai. Jammer dat ons dit net vir oornag kon geniet. Bly net uit die middedorp oor naweke weens die aanwesigheid van 'n luidrugtige nagklub, skreeuende motorbande en motorfietse wat afbreek doen aan die oorspronklike rustige vakansie-omgewing wat ons geken het."
"Lovely beach with lots to do for the kids. Both a tidal pool and kiddies pool. Also lovely grass to sit on if you don't like beach sand under your feet... loved it!!"
"Margate het baie agteruit gegaan. Persoonlik het ek nie veilig gevoel om in die strate te loop nie."
"Le Touessrok is in Ramsgate not Margate and for us in our seventies is very much more preferable to Margage. The beach adjacent to Le Touessrok is great (50 m walk through garden), has shark net protection, life guards at weekends and safe. There are pleasant eating places around Ramsgate and neighbouring Southbroom. Margate itself is really not our scene. If one has a problem with stairs then Le Touessrok is not for you unless you are on the ground floor. "
"Baie lekker strand wat beskut is teen die meeste wind. Geen ongewensde elemente wat in die aand en deur die nag langs die strand kom drink nie. Is baie veilig - kan in die oggend vrou-alleen gaan stap."
"Margate main strand is glad nie lekker nie, die toilet-fasiliteite is net 'n helse probleem, ons kuier nooit in Margate nie, ons gebruik die strande by Uvongo of Blue Lagoon-area."
"As jy 'n warm klimaat soek is Margate die plek vir jou. Het vergeet hoe warm dit kan raak. Vir seker swembroek en plakkies weer."
"Sou net beter beheer wou gehad het tydens Kerstyd in die parkeerarea by die strand. Polisie moes op 'n tyd streng beheer toepas."
"Margate nie my gunsteling plek nie, Ramsgate is net 'n klipgooi ver, strand is nie so gepak soos Margate."