Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1947 resensies.
"Ons geniet die park vreeslik en gaan gereeld. Ons het hierdie naweek Saterdag en Sondag 4 van die Groot 5 net langs die draad van die wildtuin gesien. Ons geniet die park vreeslik."
"Marloth Park is bos op sy beste en het die perfekte ligging vir wildtuinbesoeke. Marloth gaan ons beslis nog baie sien."
"Klaarblyklike werkers wat langs die pad oorkant die winkels rondlê en die plek bemors is 'n seer vir die oog en skep ook geleentheid vir ongewensde elemente om rond te hang. "
"Sekere van die paaie baie moeilik om op te ry. Rustige omgewing. Lekker plek om te ontspan, goeie ontvlugting van stad se gejaag. "
"Baie dankie. Sal beslis weer gebruik maak. Dankie vir vriendelike eienaars."
"My eerlikke mening is dat Marloth nie oopgestel moet word vir groot toeristegroepe nie. Dit is 'n heerlike wegkomplek vir Suid-Afrikaners vir 'n naweek of selfs 'n paar dae. Word hy te veel oopgestel, gaan daar definitief oorvloed van mense by die sentrums wees, veral by die nuwe waterpark. "
"Die park lyk verwaarloos met baie bourommel en sommige huise wat erg verwaarloos is. Vriende het genoem dat Marloth Park agteruitgegaan het, en ongelukkig moet ek (na ons verblyf) daarmee saamstem. "
"In Marloth Park kan jy betreklik naby aan al die diere kom, soveel soos wat veilig is. Inteendeel, hulle is reg rondom jou die heeltyd. Van die rivier af het ons olifante, leeus, renosters, buffels gesien wat nie in Marloth Park voorkom nie. Dis bitter warm, so maak seker jy bly in 'n plek waar lugversorging is. Dis baie naby aan die wildtuin, slegs 20 minute se teerpad. 'n Baie lekker vakansie!"
"Die restaurante in Marloth Park is sub-standaard en die keuse van kos is baie beperk. Die diens laat veel te wense oor. "
"Kan nie wag om weer Marloth Park te besoek nie. Moontlik kan aandag gegee word aan 'n chemiese toilet of 2 by die hoofuitkykpunt."
"Grondpaaie binne die park kort bietjie opgradering vir klein voertuie."
"Dit hang baie af van waar jy bespreek. Hoe nader aan die rivier, hoe beter. Pryse wissel van baie bekostigbaar tot duur. "
"Make sure you pack your food. We forgot our tinned goods and had to pay almost double at the little shop, although they do have all the basics. This was our first time there, and Marloth Park is definitely worth returning to. As long-time Kruger visitors, and lovers of solitude, we enjoyed it thoroughly. It is worth mentioning that we went in during the week not over the weekend, and it may not be as peaceful if very busy. "
"Marloth Park is die ideale bestemming as jy as dagbesoeker die Kruger wil besoek. Net jammer die toeriste is sulke morsjorse en besoedel die veld met hulle papiere en bottels."
"Uitstekende uitsig oor rivier. Stappaadjie langs draad, asook roete om te ry. Gedeeltes daarvan is wel nie geskik vir sedan motors nie en aangesien dit 'n eenrigtingpad is kan jy jou vasry. Jy het ‘n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte nodig. Baie voëls. Kilometers van grondpaaie om fiets te ry, draf of stap."
"Marloth Park is for specific individuals that prefer the bush and the quietness of nature. "
"Perhaps they could hand out a street map at the entrance for visitors at a minimal cost. I paid R1 at the local shop."
"Marloth Park is a great get away and the perfect spot if you are visiting Kruger, but don't want to stay in the park. It's quiet and we saw quite a bit of wildlife, including giraffes, inside Marloth. Would definitely visit again. This is my second time at Marloth Park and I love it. "