Verified Reviews
Marloth Park
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Marloth Park
Rated 4.6 out of 5 based on 1947 reviews.
"Marloth is so naby aan die Wildtuin, en ons het meer diere gesien daar as in die Kruger Park. Die winkels was gerieflik naby en ons het selfs in Marloth rondgery en baie diere gesien. "
"Marlothpark is verrassend. Die opset van die park is, jy bly in n bosserige omgewing. Winkels en vulstasie is daar. Ons het baie verskillende diere gesien. Soms hoor jy die gebrul van 'n leeu."
"Amazing River view restaurant is 'n groot moet op almal se lys wanneer Marloth Park besoek word."
"Jammer dat die aantal huise wat gebou mag word nie beperk is nie, mag dalk later die diere in die omgewing negatief beïnvloed."
"Moet 'n fooi by die hek vra om in te gaan dan sal daar minder misdaad wees. "
"Houses a good variety and quantity of animals. Could do with more variety of places to eat or drink. We liked it and will come back again."
"Baie mooi! Jy kan regtig vir 'n "African Safari outing" daar gaan bly. Diere is baie mak. Bosbokkies en koedoes eet uit jou hand. Grens aan die Krugerwildtuin. So jy kan van die diere ook sien wat in die Wildtuin rondloop. Dit was een van ons beste vakansie! "
"Die diens by van die eetplekke in Marloth is maar redelik swak. Die Watergat is lekker sentraal geleë en het 'n swembad vir mense om te gebruik teen 'n fooi, maar die diens van die kelners kan verbeter. Daar is wel nou 'n waterpark met glybane wat die kinders veral geniet. Mens kan daar braai en kuier vir die dag. Daar is ook ander eetplekke wat ek eerder sal aan beveel. By Aamazing River View is die diens bietjie beter, maar mens kry darem ekstra voordeel met 'n 'view' oor die rivier - die plek is by Henk van Rooyen karavaan park in Marloth. Nog 'n eetplek is Phumula Kruger Lodge wat 'n lekker restaurant bied met goeie kos. "
"Ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige iemand wat net na rustigheid soek en dis naby aan Komatipoort. As jy iets nodig het wat nie daar beskikbaar is nie. Nog 'n pluspunt is die Krokodilbrug. Al wat ek opgeval het, dit was ook maar die tyd wat ons daar was, was die “waste containers" in hoofpad was bietjie van 'n oogseer, en van die diere het daar gaan rondkrap. Glo nie daar was dienste beskikbaar van voor Kersfees, wat opruiming gedoen het nie. Maar andersins was ons verblyf baie aangenaam."
"Friendly people, clean & my ideal place to relax. Animals coming to visit always a highlight. "
"Wonderful to say so many wild animals roaming around, my first time to Marloth Park and I would be back again."
"Die park kan gerus hulle grondpaaie beter in stand hou. Verder is dit 'n wonderlike vakansiebestemming. Ons het elke keer wat ons daar was, dit baie geniet."
"Baie in die natuur, met voëls wat jou wakker sing."