Geverifieerde Resensie
Mbombela (Nelspruit)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mbombela (Nelspruit) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 475 resensies.
West Acres, Mbombela (Nelspruit)
Dome Home Accommodation"Naby eetplekke en naby die N4 - baie geskik."
"Ons het ook gedurende die fees die Laeveld Botaniese Tuin besoek. Dit was mooi en 'n besoek werd."
Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit)
Amigo's Bed & Breakfast"Nelspruit is 'n pragtige dorp tussen heuwels. Nie so seker ek wil daar vakansie hou nie, maar perfekte oorstop op reis vanaf Mozambique."
Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit)
Amigo's Bed & Breakfast"Ek is mal oor die area, wens ek kon altyd daar bly, rustig stil, maar naby die dorp, pragtige skoon strate, mooi plantegroei, baie bome, love it!"
"Die flieks wat by die Mall gaan kom sal regtig 'n ekstra ster werd wees. Dit was n fees om in strate sonder slaggate te ry en stap, en strate en wraggies straatnaambordjies gehad. 10/10 daarvoor. Bedelaars en karwagte was die minimum. Ons het Innibos vertonings by 'n paar venues bygewoon, maar ongelukkig was die Stadskouburg se toilette die swakste. Oor die algemeen effe vuil, maar die slegste was deure sonder slotte, geen droeërs of handdoekpapier vir jou hande. Dis nogal grillerig. "
Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit)
Sunshine Self Catering"Sonheuwel is goed geleë as jy Krugerwildtuin toe gaan."
West Acres, Mbombela (Nelspruit)
9 on Feijoa"Dit is ook baie sentraal geleë, nie ver van die hoofroetes nie."
"Nelspruit is een van die mooiste klein stede. Die winter is natuurlik tops met baie sonskyndae en matige temperatuur. En van daar af kan 'n mens baie wildtuine en wildsplase besoek, asook ander fantastiese bestemmings soos Sabie en baie ander."
"Nelspruit is vir my halfpad na 'n regte bestemming toe - soos die wildtuin. Dit is nie die eindbestemming nie en daarom het ons net 1 aand oorgeslaap."
West Acres, Mbombela (Nelspruit)
Dome Home Accommodation"Sentraal, naby hoofpaaie, sakesentrums en hospitale."
Sonheuwel, Mbombela (Nelspruit)
Sheppard Boutique Hotel"So bly ek het hierdie plek ontdek met sy stil omgewing. "
Steiltes, Mbombela (Nelspruit)
Artist's Attic Self-Catering Cottage"Natuurskoon maak verblyf die moeite werd. "
West Acres, Mbombela (Nelspruit)
Casa Tomar"Baie goed geleë naby groot winkelsentrums. Baie stil en rustige area."