Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 451 reviews.
"Montagu is 'n pragtige dorp met die beste restaurante en vriendelike mense!"
"A great destination for a short stay with numerous outdoor activities available."
"We love Montagu. It's a relaxing town with some wine tasting available. Good restaurants and friendly people. "
"Daar is dinge om te doen in Montagu met goeie restaurante. Ons het Moedersdag by Kokkemans geëet, lekker rondgeloop in die natuurtuin en die wynplase besoek. Ons het baie lekker gekuier."
"Vriendelike dorpie met vriendelike mense, verskeie uitstekende restaurante en blyplekke. "
"Pragtige dorpie - die padverleggings op die stadium 'n pyn as jy Swellendam/Roberson se kant toe ry en ek vermoed dit gaan nog jare neem om te voltooi. Vrugtetyd, maar geen vrugte stalletjies/winkel in die dorp wat vrugte verkoop nie en supermarkte mal met pryse! Lekker staproetes - selfs 'n stappie deur die dorp is 'n fees met al die ou huisies en geboue. Die Cape Dry winkel is 'n moet en lei jou lekker in die versoeking met al hulle heerlike eetgoed. "
"Restaurant waar ons geëet het 22 Church Str uitstekend. Mense van Montagu baie vriendelik. Het Niel van Niel se Huiswinkel ontmoet was baie baie vriendelik en het uit sy pad gegaan om my Engelssprekende familie by te staan. Baie dankie."
"'n Pragtige dorpie en het ons heerlik by die Ole Tavern Restaurant geëet. "
"Lieflike vreedsame dorpie met alles wat jy nodig het vir 'n wegbreeknaweek."
"Pragtige dorpie. Kon nie glo hoe mooi die ou huisies in stand gehou word. Skoon en veilig om te stap in die aande. Omring deur berge en mooiste natuur. Lekkerste skaaptjops by Misty Tin!"
"Montagu se Suid-Afrikaanse Polisie diens is puik. 100 sterre vir hulle."
"Mooi dorp baie pm te doen. Grondpaaie in die omgewing is baie pret met die motorfietse."