Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 451 reviews.
"Op hierdie stadium is daar baie besighede en besienswaardighede toe. Dit maak die dorpie effe on-interessant. Maar die omgewing is pragtig en die natuur kan geniet word. Die ekonomie kry swaar op die oomblik."
"'n Besonderse groot verskeidenheid van aktiwiteite vir so 'n klein dorpie."
"Dorp is netjies en skoon. Die restaurant, Rambling Rose, het heerlike etes en diens. Vars gebak. 'n Besoek werd. Staproetes baie mooi. Sal graag net wil meld dat die Kogmanskloofroete se laaste uitdraaipaadjie (by die kragdrade) beter gemerk moet word. Die paar klippe wat opmekaar gestapel is, is redelik onopsigtelik. As julle net 'n bordjie of 'n duidelike klip met 'n geel helder geel voetjie daar kan plaas, sal dit onnodige twyfel uitskakel. Ons wil weer kom. Dit is nie ons eerste besoek nie en ook nie ons laaste nie."
"Loads to do in Montagu - ghost tour, Montagu Mountain Mania trial run, tractor ride at Cape Dried Fruit, wine tastings, hot springs, walks and hikes in the nature reserve."
"Die dorp is skoon en netjies. Die inwoners is baie vriendelik en behulpsaam, maar ons wonder hoekom daar nie na-ure gewone eetplekkies is nie, dit kan ook die toeristebestemming se sterre bietjie opstoot. Kos is noodsaaklike kommoditeit. Die droë vrugte is natuurlik 'n bonus."
"Skoon, netjies, veilig en skilderagtig mooi, beslis een mooiste dorpe in ons land."
"Om weer kerkklokke te kon hoor op ’n Sondagoggend was inspirerend en salig."
"Eerste besoek aan die dorp. Baie skoon ruim pad en wonderlike natuurtonele. Beslis 'n plek waar'n mens langer kan bly as net oorslaap."
"Baie goeie toeristebestemming, mooi natuur tonele, berge, interessante winkeltjies en lekker eetplekke."
"Ons is baie beïndruk met die dorp, skoon, lewendig, pragtige winkels, koffie en eetplekke en die vrugte- en wynverkope! Ons sal Montagu beslis weer besoek!"
"The Guano Cave Resort was fantastic to visit for the day, but other than that it's pretty much only farm stalls to look at and the village market is tiny."
"Lieflike kunssinnige ou dorp, ryk geskiedenis, pragtige historiese geboue, baie karakter. Gaan ontspan gerus vir 'n naweek daar, oorgenoeg verblyf."
"Altyd 'n pragtige dorp vir oorslaap op Route 62 met baie oulike plekke in omgewing om te besoek."
"Wonderlike dorpie! Gaan koop droë vrugte en 3 berge brandewyn!"
"Whilst we understand Covid restrictions, it would be nice if some of tourist attractions are over a weekend."
"Ons is gek oor Montagu! Die vriendelike mense, al die besienswaardighede en dinge om te doen maak dit beslis 'n kuier werd. Die vars Karoolug en natuurskoon dra by tot 'n ervaring wat almal moet ervaar, selfs al is jy nie 'n Karoo mens nie. Montagu is beslis 'n juweel met baie om te bied. Mag die dorpie van krag tot krag gaan!"
"Maak tyd vir hierdie pragtige dorp. Draai af van R63 en ry in Bathstraat. Parkeer, loop rond en besoek die plattelandse winkels en eetplekke. Beslis die moeite werd."
"In Montagu is daar meer om te doen as wat dit op die oog af mag lyk. Bo en behalwe die warmwaterbronne is daar talle ontspanningsgeleenthede. Die groot en vol karavaanpark is 'n duidelike bewys dat talle mense al bewus is hiervan. Doen maar die navorsing."