Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Hartenbos is daar naby en 'n lieflike plek met hope aktiwiteite vir jong kinders en besienswaardighede."
"My place of birth, always beautiful. Make use of all the facilities available in and around Mossel Bay to make your stay even more enjoyable. Walk around the Point, go into the cave, do the zip line, cycle, go running from Diaz Beach to the Point early morning, it is safe. Visit places around Mossel Bay - we went to The Redberry Farm, which has the biggest maze in the Southern Hemisphere, just before you enter George."
"Daar het ek my hart al 'n paar jaar terug verloor. Fantastiese vakansiebestemming, heerlike eetplekke, mooi skoon dorp en baie besienswaardighede."
"Mosselbaai is pragtig skoon. Ons kom van Gauteng waar strate nie baie skoon is nie, sowel as dorpe."
"Mosselbaai is 'n stapdorp waar jy moet verwag om te rus. Nie baie plekke om kinders/tieners in die winter besig te hou. Die groot winkelsentrums moet per voertuig bereik word, jy kan nie stap nie. Baie stapplek en vreeslik baie koffie kuierplekke, vir my beslis die moeite werd."
"Pragtig, en 'n mooi kuierplek met baie geriewe, soos swem, zipline, inkopiesentrums en lieflike restsurante wat heerlike kos bedien."
"Dit is baie meer besig as wat ons voorheen ervaar. Dit brei vreeslik uit. Dit is nie meer 'n rustige vakansieplek nie."
"Mooi en lekker vakansiedorp met 'n rustige vakansiegevoel en naby ander dorpe."
"Mosselbaai bly maar 'n mooi dorp. Kom ten minste 2 keer per jaar daar, al is dit net vir 'n naweek."
"Ongelooflike potentiaal om een van die groot vakansieplekke te raak veral met al die akkommodasie langs of naby die see asook al die aktiwiteite wat jy kan doen."