Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"As jy goed beplan is dit die beste plek om vir 14 dae te gaan vakansie hou. Soveel dinge om te doen binne 100 km."
"ATKV se waterparkritte is baie bekostigbaar en waarde vir geld. Dias-strand het ook 'n glybaan wat ons na soveel jare ontdek het."
"Lekker vakansiedorpie. Winkels is lekker laat oop en jy kan alles kry wat jy nodig het. Daar hang so reuk oor die dorpie wat nie baie aangenaam is nie."
"Mosselbaai het my aangenaam verras. 'n Pragtige, welvarende dorp met goeie industrieë en 'n sterk toerisme-sektor. Ek is afgetree en oorweeg dit sterk om 'n vakansie-eenheid daar te koop."
"Mosselbaai is pragtig skoon en die mense baie vriendelik. Die restaurante is amazing! Die bakkery in Danabaai is een van die bestes in ons land. Mosselbaai is fantasties met baie te doen vir oud en jonk."