Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 2002 resensies.
"Hulle kan Hart & Bosch wat op pad Groot Brak toe is beter bemark, ons het nie eers daarvan geweet nie."
"Die beste vakansiedorp. Net jammer die CBS-registrasiebestuurders is so ongeskik en sonder manier."
"Ek kan sien hoekom Mosselbaai die nommer een munisipaliteit in die land is. Een van die skoonste dorpe wat ek nog besoek het. Die strande is fantasties en die besienswaardighede iets om weer te kom besoek."
"Die lekkerste vars vis asook wegneem vis en chips-etes. Daar is soveel plekkie om te besoek, dis onmoontlik om elk te noem. Die mense is vriendelik en gewillig om met als te help."
"Mosselbaai en Hartenbos is die mooiste en skoonste omgewing. Dit voel asof jy in 'n ander land is."
"Mosselbaai is 'n lekker vakansiedorp, baie om te doen, iets vir almal."
"Dit is baie mooi. Die dorp was baie bedrywig maar dit was omdat dit skoolvakansie is. As ’n sakereisiger was dit was bietjie te besig vir my."
"Mosselbaai is my hartsplek. As jou siel rus kort is dit waarheen jy gaan. Mooiste natuur en skoonste plek in SA. Dis waarheen ek vlug as die lewe net te veel word."