Verified Reviews
Mossel Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mossel Bay
Rated 4.8 out of 5 based on 2002 reviews.
"Baie restaurante te kies en te keur. Netjiese, skoon strate. Met speelplek vir 'n woelige 5-jarige by die punt."
"Daar is baie te doen en te sien in die Mosselbaai area. Die restaurante, veral The Sea Gypsy en La Perron Visskerm was uniek en die kos heerlik."
"Mosselbaai is altyd 'n wenner, kan nie wag tot my volgende besoek nie. Naby genoeg aan Swellendam vir 'n vinnige wegbreeknaweek, asook langer vakansies."
"Verstaan nou waarom dit so 'n gewilde area is. Pragtige dorp met vriendelike mense en so skoon."
"Daar is absoluut niks negatief aan Mosselbaai nie. Ons hou al baie lank daar vakansie gehou. Die skoonheid is besonders."
"Mosselbaai is een van Suid-Afrika se skoonste en bes-bestuurde dorpe. Dis oral sigbaar en daarom was dit vir ons 'n plesier om daar vakansie te hou."
"Lekker klimaat. Naby ander toeristebestemmings. Goeie restaurante. Dorp is veilig en skoon. Interessante winkels."
"Baie om te doen. Van die poskantoor-boom wat oor die 500 jaar oud is, Ziplines, opstap-roete na die lighuis en heerlikste koffie by verskeie koffieshops."
"We love Mossel Bay and try to visit at least once a year. The climate is great and has lovely swimming beaches."
"Steeds die mooiste see van alle plekke in Suid-Afrika. Alles skoon, netjies en goed versorg."