Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6283 resensies.
"Die omgewing is pragtig. Meer mense behoort dit te kies as vakansie-/langnaweekbestemming."
"Ons het die hele omgewing platgery en die "woud was vir my een van die hoogtepunte. Dit was onweer en mistig en dit het soos 'n sprokieparadys gelyk. Graskop is sentraal geleë t.o.v. al die mooiste plekkies in die laeveld. "
"'n Voorstel dat Mpumalanga toerisme, en die paar ander wat die besienswaardighede reguleer, asseblief saamspan en 'n opsie daarstel van 'n enkele "permit" wat die voertuig en aantal persone by AL die uitsigpunte en watervalle toelaat. As dit vir 'n week of twee geldig is, sal dit die betaalpunte by elke uitsigpunt vermy/verminder."
"Uitstekende ligging naby die Krokodilrivier met sagte 4x4-roetes langs die Krugerwildtuin."
"I will go back anytime. Hazyview is a nice place to relax and lots to do around the town."
"Graskop is a very small town. I would recommend staying there if you are going sightseeing for two days or so."
"Die dorpie self bied 'n paar oulike besienswaardighede, maar dis die omliggende omgewing wat ongelooflik baie opsies bied, van Pelgrimsrus tot die Kruger. Van Blyderivier Canyon af verby God's Window al die pad tot by al die watervalle rondom Sabie en die besienswaardighede rondom Hazyview en Witrivier. "
"A unique and wonderful piece of South African beauty, cannot wait to go back."
"Ongelooflike omgewing, maar die restaurante is beperk of adverteer net baie sleg. Die geologie roete het beïndruk en dit is werklik baie goed opgestel en uitgemerk. Die borde is van 'n hoë gehalte en insiggewend."
"Dit is 'n baie aangename dorpie, waar die pas heelwat stadiger is as die stad. Ons kom definitief terug."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hezekiah Guest Farm"Die bietjie wat ons kon sien is regtig netjies."