Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 6283 resensies.
"Uitstekend ingerig vir 'n wye verskeidenheid belangstellings en toeriste."
"Graskop is die ideale verblyfplek as jy al die watervalle en omliggende plekke wil besoek."
"Marloth Park is a lovely estate. Sand roads were a little difficult to drive on but we managed nonetheless. "
"Graskop die dorpie is baie oulik met al sy pannekoek-eetplekke, dis lekker om sommer net daar rond te loop. Maak sommer jou eerste stop Graskop Info, ons het al die nabygeleë besienswaardighede besoek - Pelgrimsrus, God's Window, die Rain Forest, Lisbon en Berlin Falls - als die moeite werd. Graskop is ook so lekker sentraal geleë - ons het een dag noord na Hoedspruit gery en daarna die Jagluiperd Projek gaan kyk by HESC. Die volgende dag het ons suid gery na Sabie en die Sodwalagrotte. Sabie is natuurlik so naby dat ons meer as een keer daar was. "
"Son Park sentrum het alles wat jy nodig het. Sentraal geleë naby Hospitale en al die groot winkelsentrums. Vriendelike mense."
"Dit is 'n baie sentrale dorp om al die toeriste-aantreklikhede te kan besoek."
"Wat 'n verrassing het ons gekry met ons eerste besoek aan Marloth Park. Dit is 'n stunning plek, gaan weer en weer terug gaan! "
"Cute town... Lots to see, but if you need to purchase meat, your best bet is to head to Sabie, which has a nice butchery. Otherwise loved the Graskop area."
"Ons wou nie terug kom huistoe nie, dis so 'n rustige dorp met vriendelike mense."
"Ons eerste keer in Marloth. Baie aangenaam verras gewees. Baie diere. Pragtige stuk bosveld, en lekker naby aan Wildtuin se ingang."
"Baie klein dorpie. Bietjie te veel art & krafts winkels kan gerus 'n slaghuis kry. Die restaurant met die naam van God's Window Rest is fantasties. Verder is daar ongelooflik baie watervalle om na te gaan kyk en die uitsig is ongelooflik mooi. Sal enige tyd weer soontoe gaan. Was wel net vir 'n paar dae daar, maar dit was ongelooflik lekker."
"Indien 'n mens van natuur hou en min tyd het om dit te geniet, is Sabie een van jou beste dorpies om heen te gaan. Daar is baie om in een dag se rondreis te sien en genoeg om 3 weke te spandeer en nie alles te sien nie. Ons was 8 jaar gelede daar en kan werklik sien dat nie baie het verander in die tydperk nie. 'n Stil rustige ou dorpie met seker een van die mooiste natuurlike besienswaardighede. Jy kan verlief raak op die dorp en sy mense en jy sal altyd iets goeds van die dorpie kan vertel."
"Nice little town with good facilities. However, the access road, R36, from N4 is terrible, there are far too many potholes that the government / municipality needs to sort out. "
"Good destination for tourists wishing to explore a most beautiful part of South Africa."
"Hazyview beskik oor als wat mens benodig ten opsigte van 'n inkopiesentrum en verskeie restaurante. "