Verified Reviews
Mpumalanga
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Mpumalanga
Rated 4.5 out of 5 based on 6283 reviews.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Hummingbird's Nest Guesthouse"Nelspruit en omgewing is pragtig en die mense is baie vriendelik en behulpsaam."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Klein Kelkiewyn Selfsorg"Nelspruit is so 'n mooi stad en ek sal graag ook daar wil bly."
"Dis 'n pragtige dorp en selfs ouer kinders geniet dit daar. Oulike, interessante winkels en pragtige natuurlike omgewing en net so lekker om die berg uit te klim. Dit is egter kommerwekkend uit 'n volhoubare omgewings- en toerisme oogpunt dat daar 'n informele handelaar is wat die pragtige bloekombome uitkap in die bo-dorp en mense hom ondersteun deur sy goedere te koop. Dit vernietig die natuurlike omgewing om al hierdie bome uit te kap wat waarde toevoeg in Dullstroom."
"The security at the gate not up to standard. The roads need an upgrading. Refuse at the entrance gate is an eye-sore. The game viewing and animals roaming were beautiful and an unique experience."
"Dullstroom is my gunsteling, klein dorpie in Suid-Afrika. 'n Sekere romantiek om die dorpie waaroor ons gek is."
"Dis baie meer modern as wat ek gedink het. Met baie huise oral en waterpark vir kinders. Hou baie van die plek ."
"Ons was daar vir my seun se sport, gerieflike dorp daarvoor en oulike skole. Maar ek sal nie daar gaan vakansie hou nie."
"Paaie is plek-plek baie sleg en sal met 'n lae kar moeilik gery kan word. Kragonderbrekings was baie."
"Het heerlik vakansie gehou. Besienswaardighede is besonders en duidelik aangedui. Na ons sewende besoek is dit steeds besonders."
"Graskop is deesdae 'n nes. Harrie's Pancakes is baie oulik maar omtrent die enigste plek wat mens nog kan besoek daar. By al die toeriste-attraksies soos bv God's Window en Mac Mac poele ens moet mens betaal maar die plekke word glad nie onderhou meer nie."
"Marloth Park is really close to the Kruger National Park which was ideal for us to undertake a day trip into the park. Just remember during long weekends and school holidays to pre-book your KNP visit on their website. Marloth Park has a lovely small, but adequate shopping centre that catered for all our needs. The animals in Marloth Park are really in abundace and something we really enjoyed. Closer to nature you surely will not get."
"Elke plekkie wat ons besoek het was 'n belewenis, net jammer dat 'n mens deesdae moet betaal om al die watervalle en die wonder van God se skepping in die natuur, te kan sien."