Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 8060 resensies.
"Glasstukke op die toegang tot die strand. Fantastiese omgewing om in te ontspan."
"As mense nie hul eie aandete wil voorberei nie - hulle moet weet van die Country Café, Wine Shop, Food Store and Restaurant by die Transkaroo Country Lodge in Britstown self. Dit is 'n absolute verrassing in so 'n dorpie."
"Dele van die dorp lyk vervalle. Historiese begrafplaas met grafte uit Anglo Boere oorlog in baie swak toestand. Lekker restaurante, interessante boekwinkels."
"Kamieskroon is 'n klein plaasdorpie met ongelooflike vriendelike mense. "
"Carnarvon en die Karoo is nie vir enige iemand nie. Ek hou van stilte maar ook om te kuier en lekker te gesels. In die opsig is Carnarvon en sy mense perfek. My volgende kuier gaan wees met die fokus op sterre kyk - buite die dorp is baie opstel plek met baie min lugbesoedeling."
"Die perfekte stop op pad see toe voor dit donker is en voor jy te moeg bestuur is. 'n Pragtige dorpie."
"Kan daar nie meer gemaak word van plekke soos die Neus waar die Oranje- en Vaalriviere saamvloei nie? Dis verwaarloos! En daar is nie eens 'n bordjie wat wys waar die begraafplaas is nie en dis boonop totaal onversorgd."
"Colesberg is mooi halfpad op pad na die Kaap en 'n goeie rusplek voor jy verder reis Kaapstad toe of Gauteng toe."
"Goed geleë. Naby als, daar is baie om te sien. Ons het 'n hele oggend by die 'groot gat' en myndorpie spandeer. Lekker daar geëet en baie fotos geneem. Die flaminke by Kamferdam is 'n belewenis. Gesukkel om van die plekke te kry. Van die GPS koordinate op Kimberley toeristekaart is verkeerd."
"Het verblyf gekry by Toverberg. Gulhartige verwelkoming, lieflike skoon - spierwit beddegoed, lugreëling, veilige parkering kon met gemoedsrus 'n goeie nagrus hê. Heerlik uitgerus en volgende oggend vertrek."
"Dit is te klein om iets te doen, maar dis 'n goeie halfwegstop as jy ver reis."
"Dit is 'n baie stil dorp. As jy weg wil kom van alles en almal, sal dit die plek wees."
"Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed."