Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"They need to definitely get some more things for kids to do. The play park needs to be extended and more things added."
"Ek het die seewater baie geniet, veral die swem en hengel. Vriendelike en respekvolle mense van Struisbaai. Ons het ook die Sea Shack, die hawe en uitstappies baie geniet. Om 'n lang storie kort te maak, ek en my vrou het besluit om na Stuisbaai te verhuis. Ons soek tans 'n huis om te koop in Struisbaai."
"Dit was nice om 'n daggie daar deur te bring. Lekker loop daar by die ou hawe en daar so baie eetplekkies. Dis net 'n lekker plek."
"Lang ente se stap en mooi plekke om net te sit en oor die see uit te kyk. 'n Pragtige wegbreekplek."
"Voelklip is the best beach area with grass on hill and very neat public toilets."
"Hermanus is my nommer 1 bestemming vir 'n see-vakansie regdeur die jaar en is gerieflik naby aan Kaapstad, slegs ongeveer 90 minute se ry!"
"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."
"Heerlik rustig, in die sin dat dit nie oor-gekommersialiseer is nie."
"Die Saterdag mark is 'n hoogtepunt en die wandelpaaie en swempoele is 'n belewenis."
"Lekker geleë naby Waenhuiskrans, goeie winkels, naby L’Agulhas/Elim wynroete en Napier met sy heerlike restaurante! "
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."