Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Aviento sal ek vir enige iemand aanbeveel. Dit was lekker rustig, netjies en die gasvrou baie oulik. "
"Agulhas het iets van alles, dis naby Struisbaai wat 'n lekker strand het. Sal definitief aanbeveel."
"Pragtig, maar vreeslik stil. Restaurante vreeslik duur. Gedurende beurtkrag is dit 'n nagmerrie, want net die kruidenierswinkel het krag. Dis goed om daar af te tree na jare se gewoel in die stad as jy rus en vrede soek. Nie vir gesinsvakansie met jong kinders nie. Nie veel om te doen nie. Maar die dorpsmense is vreeslik aangenaam en vriendelik."
"Heerlik stil, rustig en hope plek op strand om te baljaar met jou dierekind."
"Gansbaai is 'n pragtige plekkie wat baie netjies is en oor als beskik wat jy nodig mag kry. Ek sal beslis ook Tolbos Restaurant aanbeveel hulle kos en diens was puik."
"'n Baie mooi plattelandse dorpie waar jy sielerus kry en net kan ontspan. Saterdagmark was heerlik en al die staproetes was so lekker. Restaurante voldoen aan die hoogste verwagtinge. Ons sal Greyton vir seker weer besoek."
"It is a beautiful and quiet area, suitable for people who really just want to unwind."
"Fisherhaven is afgeleë en is nogal 'n hele ent se ry van alles bv .winkels, strand, ens."
"Hermanus is besig om op my te groei. Voorheen was hy vir my te besig, maar hoe meer gereeld ek hier besoek aflê, en al die pragtige plekke langs die kuslyn leer ken, hoe meer hou ek van die dorp."
"We didn't see Riviersonderend. We did visit Greyton for the Saturday market and lovely it was. We bought some nice goodies which comes at an affordable price. "
"Eerste besoek, (vir die maraton), en baie geniet, sien uit na volgende jaar."
"Vir my as 'n natuurliefhebber, digter en selfgemaakte kunstenaar ervaar ek 'n tipe bekoring in Greyton wat geen stad ooit kan bied nie. Ek is 'n Worcesterriet van geboorte en Greyton se geboue, tuine en algemene atmosfeer herinner my sterk aan ongeveer sestig jaar gelede toe ek as kind in Worcester se "informele nedersetting" groot geword het."
"Other entertainment besides the casino would be nice."
"Country town with all restaurants closing at 16:30. Book a dinner at your guesthouse."
"This seaside town is my absolute favourite. It's just perfect. Close enough for a quick getaway and far enough to be removed from the city."
"Het al vergeet hoe pragtig dit daar is en wil graag terug gaan en meer verken."