Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"Hermanus is 'n skoon en rustige sielsplek - 'n stukkie hemel op aarde. Ons gaan weer kom besoek aflê in Hermanus."
"Baie mooi dorpie met baie kerke. Kon veilig in die oggend in die strate draf. Sal beslis meer tyd in die dorp op 'n volgende reistog bestee."
"In swellendam zelf niet zo heel veel te beleven. Wel hele goede restaurants, wij hebben gegeten bij field en vork, heerlijk!"
"Witsand het die heerlikste warm water met 'n verskeidenheid swemopsies - 'n getypoel, rotse vir snorkel, strand of rivier. Die weer was heerlik, behalwe vir een winderige dag. Ons sal graag weer wil gaan kuier! "
"De Kelders is 'n baie aangename, stil dorpie met vriendelike mense. Die natuurskoon is pragtig. Daar is ongelukkig nie 'n swem strand wat maklik bereikbaar is nie, maar as jy nie omgee om 'n entjie te ry nie, dan maak dit nie eintlik saak nie. Dit is ook baie sentraal as jy die omgewing wil gaan verken."
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."
"Die omgewing en strand is van die mooistes wat SA bied waar jy baie veilig voel en die mense is baie vriendelik!"
"Lieflike plattelandse dorpie met oulike winkeltjies, heerlike koffiewinkels en restaurante. Sal enige tyd wil teruggaan."
"Naby genoeg aan die see dorpe om te verken, maar, ver genoeg om uit die vakansie malheid te wees."
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."