Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6516 resensies.
"Kleinmond is 'n oulike vakansie-dorp met 'n pragtige natuurgebied en stappaadjies tussen die rotse en fynbos. 'n Besoek aan die hawe-gebied en oulike winkeltjies is ook die moeite werd. Kabeljoes, 'n seekos-restaurant by die hawe, is beslis 'n besoek werd."
"Ons eerste keer in Kleinmond en definitief nie die laaste keer nie. Wat 'n pragtige dorpie met pragtige vriendelike mense."
"Parkering in Desember is bietjie van 'n probleem by die eenheid want daar was te veel karre en gelukkig het ons besluit om nie ons boot saam te vat nie want daar was glad nie plek om boot te parkeer nie."
"Baie mooi en rustige plek. Gansbaai is net 'n klipgooi verder as jy voel dat dit 'n bietjie te stil in De Kelders is. "
"Kleinmond is die mooiste seedorpie, rustig, baie sentraal en het alles wat jy kan nodig kry."
"Die omgewing en strand is van die mooistes wat SA bied waar jy baie veilig voel en die mense is baie vriendelik!"
"Lieflike plattelandse dorpie met oulike winkeltjies, heerlike koffiewinkels en restaurante. Sal enige tyd wil teruggaan."
"Naby genoeg aan die see dorpe om te verken, maar, ver genoeg om uit die vakansie malheid te wees."
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."
"Absoluut pragtig en die walvisse gee gereeld 'n vertoning in die baai. Voëlkykers sal dit ook baie geniet."
"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."