Geverifieerde Resensie
Panorama Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Panorama Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1643 resensies.
"Graskop is klein dorpie, maar dis baie skoon en sommer baie naby wonderlike natuur en ander besienswaardighede soos Pelgrimsrus, God's Window en vele meer. Lekker plekkie!"
White River Country Estate, Panoramaroete
Pinehurst Place"Baie veilige landgoed, en mens kan met geruste hart daar bly."
"Ons hou baie van die omgewing - daar is baie besienswaardighede en lekker naby die Krugerwildtuin."
"Die kos by Bohemian Cafe is uit die boonste rakke. Bespreek maar eerder, hulle kan besig raak."
"Kaapsche Hoop of Kaapsehoop is ‘n wonderlike stukkie natuurskoon met vriendelike mense oral waar jy heen stap. Verskeie restaurante en wandelroetes bekroon die aktiwiteite hier. Die Koek en Pan restaurant kan ons hoogs aanbeveel met heerlike disse wat jou mond sal laat water. Sondagaandete sal ‘n uitdaging wees en is slegs Salvador Main Street Bistro ‘n heenkome vir ‘n ete. Die hele dorp stroom dan daarheen. Hul kosse is uit die boeke met billike pryse."
"Maak seker oor watter paaie om te vat, want daar is maar 'n paar slegte grondpaaie."
"Die roete self is pragtig en beeldskoon. Ek het net 'n pyn dat 'n mens orals moet betaal as 'n Suid Afrikaner net om te sien wat in ons pragtige land aangaan. Die ergste van alles was toe ons R63 per persoon moes betaal net om Bourke's Luck potholes te sien. Ek dink dit is waansinnig en dra by tot die rede dat Suid Afrikaners minder uitgaan om na ons beeldskone land te kyk. Ons moes selfs betaal vir die uitsig by God's Window."
"Graskop en omgewing is iets wat mens moet sien, maar wees maar steeds waaksaam teen misdaad."
"Sal weer terug gaan Kaapsehoop toe. Die plek het sy eie bekoring en ek was aangenaam verras. Dit is 'n must go to plek op jou bucket list. "
"Pragtige dorpie en die mense is baie vriendelik. Sal beslis weer daar gaan kuier. Het dit baie geniet."
"Dis 'n ongelooflike deel van Suid Afrika wat naby baie historiese en natuurlandmerke is. Dis werklik iets om te beleef! Herfs voel vir my soos 'n beter seisoen want Sabie kan nogal nat word."
"Ons was oor Paasnaweek by Kaapsehoop en die dorpie baie besig gevind. Nogtans het ons dit geniet om die omgewing te verken en die wilde perde te sien. Dit is net jammer dat van die roetes, bv. na Battery Creek Waterval, gesluit was. Hoop bosbou sal die besluit weer heroorweeg en oop stel aan besoekers. Die restaurant tye pas dag besoekers, maar nie vir oornag besoekers wat dalk in die aand wil uitgaan. Gelukkig is daar darem 'n paar plekke oop wat to 8 nm oop blyk."
"Dis een van daardie dorpies wat jy een maal moet besoek. Vriendelike mense. Oulike eetplekke en winkeltjies. "
"Naby al die besienswaardighede in die omgewing. Inwoners oor die algemeen baie vriendelik. "
"Die uitsigte is pragtig, maar die paaie is vol slaggate en baie gevaarlik! Stresvol om daar te ry."
"Sabie is baie mooi, maar moet bietjie werk aan hul paaie binne in Sabie. Dis baie moeilik om daar te raai met al die slaggate."