Verified Reviews
Panorama Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Panorama Route
Rated 4.5 out of 5 based on 1643 reviews.
"Mooi stil en rustige dorpie. Mooi staproetes waar jy die wilde perde kan sien. Pragtige winkeltjie wat oudhede verkoop. Baie vriendelike inwoners."
"Ons het spesiaal gegaan vir die Sabie Tube Race en met die meer water in die rivier was die avontuur honderd maal beter. Jammer die bome, bosse en struike langs die water was nie weer gesny soos verlede jaar. Dit het plesier bederf en baie mense het ligte besering opgedoen. "
"Pragtige dorp met baie interessante restaurant en kuier plekkies. Natuurlik wil mens die omliggende omgewing en watervalle besoek, dis 'n heerlike vakansie en/of wegbreek bestemming!"
"Besoek gerus African Elephant restaurant. Beste kliëntediens wat ek in 'n lang tyd ontvang het. Die kos was heerlik!"
"Dis 'n lekker oornag plek op pad Kruger Wildtuin toe of vir 'n paar dae om die omgewing te verken."
"'n Juweel van 'n plekkie in die berg met die mooiste natuurskoon en rus en vrede. Nie so kommersieel soos die baie ander klein plekkies nie."
"We love Graskop. We go there every year. It's got a lovely vibe during the holidays and everyone is very friendly."
"Het voorheen op Graskop gebly, maar vind Sabie baie meer sentraal tot die toeriste aantreklikhede. Pragtige dorp met alles wat mens nodig het beskikbaar. Goeie restaurante, ons het veral die Wild Fig geniet. Baie om te doen in die omgewing binne dagreis afstand. "
"Graskop is 'n pragtige plekkie met baie aktiwiteite om te doen. Alles is naby mekaar geleë en daar is baie restaurante om van te kies."
"Die beste bestemming is gerieflik geleë en gaan ons beslis weer die area besoek omdat daar soveel besienswaardighede is."
"Was altyd 'n 5. Die paaie is in 'n baie slegte toestand. Dit is wel baie mooi. Bly my eerste keuse vakansiebestemming."
"Pragtig, 'n moet besoek bestemming. Soveel om te doen wat naby aan Graskop geleë is soos Burke's Potholes (ongelooflik mooi), Lisbon Falls, Pelgrimsrus naby, Harry's Pancakes asook die local pub is 'n moet gedurende jou besoek."