Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Wou graag langer gebly het. Die bedelaars word 'n oorlas maar verder is dit 'n besonderse plek."
"Dis 'n pragtige vakansiebestemming met 'n pragtige strand en alles is loopafstand. Daar is oulike winkels en voortreffende restaurante waar almal baie lekker sal kuier."
"Beste Weskusdorpie met wonderlike mense en Weskuskultuur. Heerlike kos. Plek om altyd na terug te gaan. "
"Amazing holiday destination. Beautiful place with the most friendly and kind people."
"Good for a two night stay. Some of the restaurants there are a bit overrated. See Kat was a great place to eat."
"Ek is persoonlik nie mal oor die mense wat so rondloop en kreef smous nie! Geen wonder die West Coast Rock Lobster is bedreig nie. Maar behalwe vir dit is Paternoster wonderlik."
"Fantastiese natuurskoon. Inwoners is nie baie vriendelik nie. Het onveilig gevoel. Baie bedelaars. Van hulle is baie intimiderend."
"Pragtige plek, maar ai dooie robbe en voëls op strand baie hartseer. Die verkopers van krewe en skulpe kan nogals lastig wees, maar nooit aggressief nie."
"Fantastiese Weskusdorpie, ons was net teleurgesteld in die kwaliteit van meeste restaurante se kos en dis baie "overpriced", veral vir ons wat in rand betaal."
"Paternoster is 'n wonderlike klein vissersdorpie wat baie aan die toeris bied. Uitstekende restaurante, kuierplekke en interessante dinge om te doen. Ons wou nog 'n dop in die Panty bar gaan drink het, maar het nooit daarby uitgekom nie. Ons tyd daar was net te kort. Ons het wel een keer uitgery na Velddrif / Laaiplek en dit was 'n teleurstelling en tyd mors. Sal dit nie weer doen nie."
"Dalk 'n bietjie groter algemene handelaar en beheer oor die straatsmouse. Paternoster bied uitstekende restaurante. Sou langer wou bly om almal te ondersteun."
"Paternoster is pragtig en die rustigheid is wonderlik. Net jammer dat die mense op straat skulpies probeer verkoop en as mens sê nee dankie, begin hulle aanhoudend bedel, wat ongemaklik is."
"Noisy Oyster se kelner, Peter is die beste. Ons het so lekker geëet en gekuier in Paternoster. Ons sal definitief weer kom."
"'n Unieke bestemming met pragtige natuurskoon, 'n vriendelike gemeenskap en 'n quaint kleindorpie-atmosfeer."
"Lieflik! Ons het die dorpie plat gestap. Daar is oulike winkels om geskenkies en aandenkings te koop. Ook 'n winkel waar jy al die kruideniersware kan koop wat jou hart begeer."