Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
"Ons is verlief op Paternoster. Ek het in die weskus groot geword en dit bring my terug na my kinderdae."
"Ons was verwittig van inbrake in Paternoster te Loeriesfontein deur 'n gereelde besoeker/werker daar."
"Baie kommersieel oor naweke, ouwêreldse rustigheid in die week. Uitstekende, interessante restaurante."
"Paternoster is ‘n fantastiese bestemming! Daar is so baie om te doen, met Tietiesbaai net om die draai. Vele restaurante om van te kies en die mooiste sundowner-bestemming. "
"Dit is 'n pragtige plek, maar dit voel asof mense minder veilig begin voel in Paternoster. Mens word heeltyd gehinder op straat deur iemand wat iets aan jou wil verkoop. Ons het ook heelwat plekke gekry wat glad nie oop was vir besigheid, was nogal teleurstellend (alhoewel hulle besigheidsure aangedui het dat hul wel moet oop wees). "