Verified Reviews
Paternoster
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Paternoster
Rated 4.6 out of 5 based on 1533 reviews.
"Paternoster is 'n rustige dorpie. Mens voel veilig daar en die mense is vriendelik. "
"Paternoster is a nice place to visit. Beware of the crime, as it is very bad there. The kids selling the heart shaped shells are relentless and mischievous. Don't trust them. Also be wary of the guys selling illegal crayfish. "
"Baie lekker vakansieplek. Baie rustig. Geen insidente gehad nie. Sal enige tyd weer in paternoster vakansie hou en vir kolegas aanbeveel. Weereens baie dankie. Upington groete."
"Mooiste uitgestrekte strand. Net jammer van die misdaad waarteen ons deurgaans gewaarsku is."
"Baie mooi en netjiese dorpie. Dit is ideaal vir 'n stil en rustige vakansie - daar gaan nou regtig niks aan nie. Mens ontspan net heerlik op die strand, geniet die rus en vrede en eet in die restaurante. (Daar is 'n paar toeristewinkeltjies, maar hulle is seker gemik op die buitelandse toeriste, want hulle is peperduur.) Die strand is massief en die water is stil, met min branders, so dit is ideaal vir mense met klein kinders. (Die water is egter baie koud.) Hierdie is beslis my gunstelingplek op die Weskus!"
"Paternoster is my absolute gunsteling naweek blyplek. Soveel dinge om te sien en doen. 'n Naweek is meestal te kort vir my omdat ek nooit genoeg kan kry van die stilte en vrede en asemrowende see-uitsigte nie. "
"Kan nogal steurend wees as daar elke uur of so 'n man verbykom wat onwettige kreef en/of mossels probeer smous."
"Pragtige Weskusdorpie en nader aan die natuur en seelewe kan jy nie kry nie! Kan nie wag vir ons volgende besoek nie!"
"Pragtigste dorpie wat ek al ooit gesien het. Restaurante in die dorpie is ongelooflik, soveel nuwe kos ervaringe gehad in die tyd wat ons daar was."
"It’s truly home away from home and the place is so tranquil and stunning. My wife and I have decided to retire in Paternoster. "
"Not really. It's just a beautiful and peaceful place to visit after working /teaching. A good place to meet with God in the quietness of the the waves. "
"Doen net bietjie navorsing oor watter restaurant om te besoek. Van die restaurante is glad nie goed nie."