Verified Reviews
Pearly Beach
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Pearly Beach
Rated 4.6 out of 5 based on 167 reviews.
"Indien jy soek na rus en vrede is Pearly Beach jou bestemming. Die dorp is nie gekommersialiseer nie, wat dit baie aangenaam maak in seisoentyd waar strande nie oorvol raak nie. Aktiwiteite is beskikbaar in naby geleë dorpe vir die avontuurlustige persone."
"Was my eerste besoek, maar ek sal weer terugkom. Mal oor die natuurskoon en die baie skoon uitgestrekte strand. Sal volgende keer my visstok saambring."
"Baie lekker rustige plekkie met groot winkel. Dorpe naby waarna mens kan uitry."
"Het dit so geniet. Was net 3 dae daar, maar gaan einde 2020 probeer om sommer 2 weke te gaan."
"Ongelooflik uitgebrei. Heerlike plek om weg te breek van die gejaag van die samelewing. Baie dankie!"
"Pragtige, skoon strand. Vir die siele wat 'n rustige vakansie en werklik 'n wegbreek van die stad se gejaag soek. "
"It's gorgeous - the wind and chill in the air was a bit of a negative, but not really anything we can control I guess."