Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 584 resensies.
"Die paaie is vol gate en 'n mens moet versigtig ry. Alle dorpe lyk deesdae maar so."
"Potchefstroom should keep the museums and Botanical Garden Art Gallery open on the weekends. Nothing of the sort was open. Good restaurant options are available. A quick drive to Parys."
"Ons het oorgeslaap om naby 'n trou venue te wees. Maar dit het gevoel soos' n kort vakansie."
"Potch sal my altyd na aan die hart lê. Vyf jaar gereeld soontoe gegaan terwyl my dogter daar geswot het."
"Die boomryke uitgestrekte voorstede skep 'n baie aangename en rustige omgewing. Daar is talle dinge van historiese belang in en om Potch."
"I didn't spend time in Potchefstroom but the surrounding territory around the river lodge is well worth exploring."
"Is net nie meer dieselfde as 'n paar jaar terug nie, het 'n besoek gedoen in die begraafplaas en was geskok oor die toestand van die plek. Gras en bossies staan ver bo die grafte."
"The roads in Potchefstroom are very bad and it's the one thing I disliked about my business trip."
"Soos enige ander dorp in ons land - vele slaggate - moet dus jou oë op die pad hou. Andersins baie mooi en vele restaurante om van te kies."
"Jammer van die water en al die slaggate in die paaie, andersins 'n aangename vriendelike dorp."
"Die munisipaliteit van Potchefstroom laat die pragtige dorpie totaal en al in die steek. My dogter studeer daar en ek is bekommerd oor haar veiligheid asgevolg van die toestand van die paaie en dat die krag, sonder enige waarskuwing, net afgesit word op die Bult. Dit was angswekkend, omdat dit stikdonker was en ek weet hoeveel studente en jongmense in die strate is, omdat hulle net vry wil lewe."