Geverifieerde Resensie
Potchefstroom
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Potchefstroom bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 584 resensies.
"Potch is 'n baie lekker plek. Vir ons uit Namibië is dit amper soos huis! Die mense is baie vriendelik en behulpsaam. Ek kan sien hoekom my dogter hier wou kom swot."
"Ek het daar studeer, so die dorp het 'n spesiale plek in my hart en vorming van my menswees! "
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Jakkalsdraai Guest House"Mooi dorp met lekker winkels. Als wat jy nodig mag kry is daar. Ons was gedurende 'n baie besige naweek daar, maar nietemin het ons die dorp baie aangenaam gevind."
"Potchefstroom is 'n lewendige gemeenskap, die studente vrolik die stad op. Daar is genoeg historiese plekke om te besoek en ook heelwat vir die wat van uitgaan hou."
"Heerlike koffiewinkels en padstalle. Provence padstal se kos uit die boonste rakke."
"My dogter sê dit is 'n baie oulike plek, het na die "Ou Wilgerboom van Potchefstroom" gaan soek!"
"Ons wil graag weer kom, want 'n naweek is te min tyd. Die wat ons gesien het, maak ons lus om vir 'n week of twee te kom om alles te sien. "
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
Camelot Guest House & Apartments"Lieflike, boomryke en geskiedkundige ou dorp. Mens voel onmiddellik tuis daar."
"It has sentimental value for me because my daughter is at school there. I really don't know the town."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"Dit is 'n baie mooi area en stil, en kan nie wag vir nog so 'n geleentheid nie."
Sentraal Potchefstroom, Potchefstroom
A Touch of Grace"Dit bly en sal altyd 'n plek van groot waarde in ons harte wees, omdat ons hele gesin daar geswot het."
"Rustige, pragtige, skoon plek. Ongelooflike restaurante, gastehuise en vriendelike mense."
Van der Hoff Park, Potchefstroom
Sunset Manor Guest House"Bietjie ver van Aardklop-terrein, maar is baie rustig."
"Die Bult was gerieflik naby waar my Suster by NWU studeer. So ons was lekker naby mekaar en die verskillende restaurante maak kuier/etes baie gerieflik."
"Alles die besighede is bymekaar, het nie nodig om ver te ry nie en vir Aardklop net die regte omgewing."