Geverifieerde Resensie
Pretoria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1270 resensies.
"Ontbyt was heerlik behalwe die vrugteslaai was 'n blikkie slaai en nie regte vars vrugteslaai nie."
"Baie mooier en vriendeliker stad as Johannesburg en baie gemakliker om rond te beweeg."
"Ek woon in Pretoria, hier is baie om te doen, asook vriendelike mense oral waar jy gaan."
"Beste restaurante/ pubs/ vibes en almal is vriendelik en lekker mense. Restaurante wat ons gunsteling was: Die Land, @ the Beach Bar, SowaarBar, Padstal en die Boerkombuis. Almal in 'n 10 km radius vanaf die Green Whisper. Dankie Pretoria vir al die braaibroodjies op julle menus! "
"Verkeer 'n nagmerrie, veral met loadshedding en robotte wat nie werk nie."
"Soos in die res van die land het Pretoria heelwat vervalle voorgekom en die elektriese kragkrisis het daartoe bygedra dat besigheid nie soos voorheen glad kon verloop nie. Hier moet spesifiek verwys word na die poskantore wat totaal disfuksioneel is."
"Ek het in Pretoria grootgeword. Ons was egter 5 jaar laas in die Pretoria-omgewing omdat ons buite die grense van SA tans woonagtig is. Pretoria het soos enige ander stad verander. Die jakaranda-bome en die omliggende area is prentjiemooi. 'n Goeie reënseisoen sorg vir die pragtige groen-ervaring. Ons mis SA vreeslik baie. Sien julle gou weer."
"Ek hou van sekere gebiede waar baie gesellige kuierplekke is en veilig is."