Verified Reviews
Robertson
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Robertson
Rated 4.6 out of 5 based on 513 reviews.
"Alles is maklik bykombaar. Gaan maak 'n draai by R62 diner en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary by McGregor."
"Die hele dorpie het 'n wonderlike atmosfeer en die wynplase is great! Baie om ook in die omgewing te doen. "
"Ons het ons eie wyntoer deur die omgewing gehou, oral wyn geproe en aangekoop by die wynkelders, heerlike Chardonnay en Sauvignon Blanc ontdek, ons het oral vriendelike diens en gasvrye mense ervaar, Robertson het pragtige, groen tuine by hul toeriste-bestemmings, en oral is 'n heerlike ontspanne en gesellige atmosfeer!"
"Dit sal lekker wees om 'n swemplek naby te hê vir die warm somermaande. "
"Ek en my vrou is baie lief vir Robertson en wou graag daar gaan aftree. Pragtige dorp."
"Robertson is 'n mooi dorp met verskriklik baie om te doen. Daar is baie wynplase in die omgewing om te besoek."
"Daar is so baie in die omgewing. Ons was tot by Franschhoek, Bonnievale, Montagu en Worcester. Pampoenstal was 'n belewenis. Dit is opvallend hoe goed die paaie versorg word selfs die grondpaaie. Dorpies is ook skoon en netjies. Sal beslis weer hierdie area wil besoek."
"Beautiful atmosphere and friendly people all around. Four Cousins Winery and Restaurant was just amazing. "
"Sal graag die dorp en omgewing beter wil leer ken. Hy is groter as wat ek gedink het."
"Buitewyke van Robertson en wynplase pragtig. Sal dit weer besoek. Robertson self - ek glo nie."