Geverifieerde Resensie
Rustenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Rustenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 258 resensies.
"Die area, oor die algemeen, kom redelik afgeleef voor en ek sal dit nie as 'n toeristebestemming (op sy eie) aanbeveel nie. Dit is te ver van Sun City en Pilanesberg af om op hulle geriewe en aktiwiteite aanspraak te maak."
"Rustenburg is 'n baie vriendelike dorp skoon en netjies. Alles wat jy kan nodig kry is in die dorp beskikbaar."
"Lekker bestemming met alle nodige dienste en talle toeristebedrywighede op die drumpel!"
"Roete deur die dorp 'n nagmerrie. GPS-aanwysings nie baie goed nie. GPS-roete neem jou deur die myne met slegte paaie."
"Mooi dorp en naby Sun City geleë vir ons wat elke jaar gaan en oornag plek soek vooraf is dit perfek geleë."
"Rustenburg se dorpsarea is besig met nuwe ontwikkelinge en buslane. Dit het navigasie moeilik in die drop gemaak. Meeste plekke van belang is maar langs die snelweg."
"Rustenburg Town is close to a lot of entertainment. Especially Sun City and game reserves, etc. "
"Kan nie glo hulle doen 3/4 van dorp hoofpaaie regmaak op eentyd nie. 4 blokke op 'n tyd is verstaanbaar en lank nog nie reg nie, mors van tyd en petrol vir besoekers geen aanwysings voor die tyd nie. "
"Plakkerskampe langs N4 en Optogte wat N4 blokkeer is nogal 'n nagmerrie. Moes 'n ompad ry om daar te kom."
"Jy moet veilig kies. Gaan bly by 'n plek wanneer een van jou vriende alreeds daar geslaap het."