Successfully reported

Geverifieerde Resensie

South Coast Whale Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in South Coast Whale Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1252 resensies.

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Lekkerus

"Kleinmond is 'n baie veilige omgewing met lae misdaad waarvan ons bewus is. Die infrastruktuur is in 'n goeie toestand en die kus bied baie vir die besoeker. Dit is sentraal geleë, maar sonder die gewoel van Hermanus of die Kaap. Dit het goeie verbindingsroetes na weste, ooste en noorde. 'n Winkelsentrum en vulstasie sorg vir die nodige koopbehoeftes."

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Snails' End Cottage

"Puik plek word goed in stand gehou. "

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Amazing Grace B&B

"Pragtige kusdorp met baie hoekies en staproetes. So baie om te doen en naweek net te kort."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Royal Albatros

"Lekker sentraal en vinnige toegang tot al die nodige winkels."

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Mafari Beach House

"Baie lekker plek, weg van die chaos, maar naby om deel daarvan te word sou jy wou."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Leegle

"Asemrowende rotspoele by die strand, dit is ongelooflik hoe die natuur nog bewaar is in die area. "

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Cyara

"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."

Kleinbaai, Suidkus Walvisroete

Great White Accommodation

"Rustig en vreedsaam. Lekker plek vir Birding, stappies, draffies en fietsry!"

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Sandbaai Strandhuis

"Sandbaai is naby Hermanus met sy woeligheid, restaurante, ens. vir die wat daarvan hou. Maar Sandbaai het ook 'n winkel naby met alles onder die son wat jy mag nodig kry. Lekker sementpaadjie teen die see vir stap, duikplek, swemplek. O ja, en walvisse in die baai!"

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Kormorant Apartment

"Franskraal is 'n oulike, rustige plek met baie om te sien en doen!"

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

'Die Rotse' Host House

"Dit was ons eerste maar gaan beslis weer. Lekker stappaadjies en natuur is pragtig."

Silversands, Suidkus Walvisroete

Anne's Place

"As jy 'n stil vakansie wil deurbring is dit die plek om te gaan."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Rots 'n See Self-catering Villa

"Goed geleë, naby aan groter sentrums."

Bettysbaai, Suidkus Walvisroete

Cyara

"Benodig meer winkels binne loopafstand."

Kleinmond, Suidkus Walvisroete

Kleinmond Panorama Holidays

"Die wandelpaaie langs die kus is met beton uitgelê wat 'n wandeling langs die kus baie gerieflik gemaak het. Restaurante baie goed en billik. Ons sal weer gaan na Kleinmond en Klein Panorame."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Leegle

"Die natuurskoon is van die beste."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Whalescape

"De Kelders and the whole Gansbaai area is an undiscovered tourist destination in my opinion. Particularly for people without very young children. Quiet, safe, easy for walks and access to the sea and great scenery. Good pricing for accommodation here. Relatively easy access to CT International Airport in around 90 minutes on good roads. For me they could make more of their archaeological interest, particularly Klipgat and the various De Kelders caves and the many interesting shipwrecks."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Amazing Grace B&B

"Dit is 'n baie mooi dorpie. "

Sand Bay, Suidkus Walvisroete

Shore's Edge Luxury Ocean Front Home

"Baie rustige dorpie vir rustige reisigers. As jy meer vermaak soek, is Hermanus net 3 km ver."

Silversands, Suidkus Walvisroete

Anne's Place

"Asemrowend pragtig. Wil sommer verhuis."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Leegle

"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."

Sandbaai , Suidkus Walvisroete

Sandbaai Coastal Holdings

"Gerieflik geleë naby Hermanus en dis redelik naby ander plekke soos Gordonsbaai en Somerset-Wes."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

Bellamente Sirene Guesthouse

"Mal oor die grasperk by die privaat strand. Kinders kan veilig swem en ouers kan rustig agteroor sit en die natuur beskou."

Franskraal, Suidkus Walvisroete

Perriwinkle Self-catering Accommodation

"Franskraal is 'n baie rustige dorpie wat ek weer sal besoek."

De Kelders, Suidkus Walvisroete

On the Rocks B&B

"De Kelders is so 'n netjiese en stil dorpie – voorwaar 'n rusplek vir die gejaagde persoon van die stad. Vriendelike mense en baie hulpvaardig."

Blad
Blad 38 - Wys 1111 tot 1140
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang